300 g pasta
30 mℓ avokadoolie
4 murgpampoentjies, in ringe gesny
60 mℓ pesto
sout
varsgemaalde swartpeper
1 avokado, in dun skywe gesny
parmesan
Kook jou gunsteling pasta volgens aanwysings en dreineer. Ek verkies penne vir hierdie resep.
Terwyl die pasta dreineer verhit jy die olie, sommer in dieselfde pot.
Braai die murgpampoentjies tot sag.
Voeg die pasta en pesto by die murgpampoentjies en geur met sout en peper na smaak.
Om te bedien skep jy die pasta in, sprinkel parmesan oor en plaas skywe avokado bo-op.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
No comments :
Post a Comment