- paasbolletjie (Easter bun, hot cross bun)
- Bolletjie met kruisvormige versiersel. Veral tydens Paasfees gebak.
- paasbrood
- Dun, bros ongesuurde brood volgens die Joodse tradisie tydens die Pasga geëet. (matso)
- paaseier (Easter egg)
- Sjokolade lekkergoed wat tydens Paasfees geëet word.
- paashaas
- ’n Haas van sjokolade. Tydens Paasfees geëet.
- paaslam
- ’n Lam wat tradisioneel volgens die Joodse tradisie op die vooraand van Paasfees geslag word.
- paasmaal
- ’n Maaltyd tydens Paasfees.
- padda (frog)
- Enigeen van verskeie amfibieë van die geslag Ramidae.
- paddaeiers
- ’n Poeding berei uit sago.
Sagopoeding resep - paddaslagter
- ’n Mes wat stomp is.
- paddastoel
- ’n Groep fungi (sien fungus) met ’n sambreelagtige voorkoms. Slegs party soorte is eetbaar, ander is giftig. Die soort Agaricus campestris kan kunsmatig gekweek word. (kampernoelie, sampioen)
- padkos
- Kos vir ’n reis.
- padstal
- ’n Winkel of informele verkooppunt langs die pad.
- paella
- ’n Spaanse rysgereg. Gewoonlik met saffraan, olyfolie, groente en seekos as bestanddele.
Paella - paelapan
- ’n Groot, vlak pan. Gewoonlik gebruik vir die maak van paela.
- paillettes au Parmesan [pe-jet oe par-my-zaan]
- Franse kaasstrooitjies.
- pain [pêh]
- Frans vir “brood”.
- pain d’épice [pêh de-pies]
- Frans vir “gemmerbrood”.
- pain grillé [pêh grie-jy]
- Frans vir “roosterbrood”.
- pain perdu [pêh per-du]
- Frans vir “braaibrood”.
- pak choi
- Chinese groente met ’n vlesige wit stam en blare wat baie soos spinasie lyk. (bok choi)
- paling (eel)
- ’n Slangvormige vis, Aquila sp., wat in die see uitbroei en dan na riviere migreer.
- palm
- Regop tropiese boom sonder takke.
- palmetto
- Sagte lote van die palmboom.
- palmolie
- Olie verkry van die palmvrug.
- palmpitolie
- Olie verkry van die saad van die palmboom.
- palomino
- ’n Druifsoort wat gewoonlik vir die maak van brandewyn gebruik word. (fransdruiwe)
- pampelmoes
- Pampelmoes, soms pompelmoes, is ’n groot sitrusvrug met ’n dik skil en ’n bitter smaak, Citrus maxima. Daar word ook soms verwys na die bottervis as die pampelmoes.
- pamplemousse [paam-lê-moes]
- Frans vir “pomelo”.
- pampoen
- ’n Rankplant van die geslag Cucurbita, waarvan die vrug as groente gebruik word.
- pampoenkoekies
- ’n Sui-Afrikaanse gunsteling van fyngemaakte pampoen met suiker en speserye.
Pampoenkoekies - pampoenmoes
- ’n Suid-Afrikaanse gereg van pampoen en blokkies brood wat in lae gepak word. Dan word dit gebak.
- pampoentert
- ’n Tertdop gevul met pampoenpuree, room, eier, bruinsuiker en speserye.
Pampoentert - pan
- Vlak houer van metaal waarin kos gaargemaak word.
- pan-vis
- Vis wat klein genoeg is sodat dit heel in ’n pan gaargemaak kan word.
- panaché [pa-na-sjy]
- Frans vir “gemeng” of “veelkleurig”
- panada
- ’n Roux met ’n meelbasis wat gebruik word vir die verdikking van sop, souse, soufflés en croquettes.
- panais [pa-ny]
- Frans vir “witwortel”.
- panbraai
- Om in ’n pan sonder ’n deksel gaar te maak.
- pancetta
- Italiaanse spek gemaak van varklies en -ribbetjies. Dit word vir ten minste drie maande gedroog.
- pandoelie
- Lees appel-pandoelie.
- pane di pasqua
- ’n Gevlegde Italiaanse ringbrood wat geverfde eiers bevat en met sitrus en anys gegeur word.
- paneer
- Die proses waartydens broodkrummels om ’n vleismengsel, soos frikkadelle, geplaas word. Dit is ook die naam van ’n Indiese kaas.
- paneermeel
- Fyngemaakte krummels om vleis mee te paneer.
- paner [pa-ny]
- Frans vir “om met broodkrummels te bedek”.
- panetone
- ’n Italiaanse koek met sultanas of rosyne.
- panettone
- ’n Italiaanse koek met sultanas of rosyne.
- panforte
- ’n Tradisionele Siënese Kerskoek. ’n Harde, ronde, soet brood met neute, versuikerde vrugte, heuning, sjokolade en speserye. (panforti)
- panforti
- ’n Tradisionele Siënese Kerskoek. ’n Harde , ronde, soet brood met neute, versuikerde vrugte, heuning, sjokolade en speserye. (panforte)
- panini
- Die meervoud van panino.
- panino
- ’n Klein ciabatta wat gerooster is. Die meervoud is panini.
- pankreas (pancreas)
- ’n Lang, smal klier van ’n dier. (soetvleis)
- panna
- Gereg berei van die wang en nek van ’n vark. (pannas)
- panna cotta
- ’n Sagte, romerige, gestolde Italiaanse vla. Gewoonlik voorgesit met vrugtesap of karamelstroop.
- pannas
- Gereg berei van die wang en nek van ’n vark. (panna)
- pannekoek
- ’n Plat ronde koek wat in ’n pan gebak word en met kaneel en suiker bedien word.
Pannekoek resep - pannequet [pan-keh]
- ’n Klein soet of sout Franse pannekoekie.
- panrooster (pan broil)
- Om kos oor ’n oop vuur in ’n kastrol gaar te maak.
- panure [pa-nuur]
- Frans vir “fyn broodkrummels”.
- panzanella
- Toskaanse slaai met brood, groente en ansjovis.
- pap
- Die meel van graan wat in water of melk gekook is.
- papaïen
- Ensiem in die sap van groen papaja wat onder meer gebruik word om vleis sag te maak en bier helder te hou.
- papaja
- Groot, sappige, geeloranje vrug.
- papawer
- ’n plant met delikate rooi blomme. Die pitte uit die blom se saadbuis word gebruik vir bakwerk en die olie vir kook en slaaisouse.
- papillote [pa-pie-jò-tê]
- Spaanse beskrywing vir vleis of vis wat in ’n pakkie gaargemaak is saam met ander bestanddele.
- paplepel
- Lepel waarmee pap opgeskep word.
- pappardelle
- Plat, breë pastalinte.
- pappot
- Pot waarin pap gekook word.
- paprika
- ’n Hongaarse rooi peper, Capsicum annum, wat as spesery gebruik word.
- papryp
- So ryp dat dit pap is.
- papsag
- Baie sag.
- papsak
- Foeliesak met ’n plastiekkraantjie waarin laegehalte-wyn verkoop word.
- papvrot
- So vrot dat dit pap is.
- Paraguaanse tee
- Lees maté.
- paraneut
- ’n Groot neut met ’n harde bruin dop uit Brasilië en Paraguay. (Brasiliaanse neut, kokeleko)
- parantha
- ’n Indiese brood gemaak van volgraan meel en gebraai. (paratha)
- paratha
- ’n Indiese brood gemaak van volgraan meel en gebraai. (parantha)
- parfait [par-fy]
- Lae Franse roomys wat in ’n lang glas voorgesit word.
- parleys
- Die Engelse woord vir gemmerbrood.
- parlies
- Die Skotse woord gebruik vir gemmerbrood.
- Parma ham
- Ham wat tradisioneel afkomstig is van San Daniele in die noordweste van Italië en Parma in die noorde. (parmaham)
- parmaham
- Ham wat tradisioneel afkomstig is van San Daniele in die noordweste van Italië en Parma in die noorde. (Parma ham)
- parmesaan
- ’n Italiaanse kaas gemaak van afgeroomde melk. Die gelerige harde kaas het ’n pikante vrugtige smaak. Ware Parmesan word net tussen 15 April en 11 November in die provinsie Parma in Italië gemaak. Die kaas verouder vir ten minste een jaar, maar die beste soorte genoem stravecchio word vir ten minste drie jaar verouder. Die kaas word gerasper net voor dit gebruik word. (Parmesaan-kaas, Parmigiano)
- Parmesaan-kaas
- ’n Italiaanse kaas gemaak van afgeroomde melk. Die gelerige harde kaas het ’n pikante vrugtige smaak. Ware Parmesan word net tussen 15 April en 11 November in die provinsie Parma in Italië gemaak. Die kaas verouder vir ten minste een jaar, maar die beste soorte genoem stravecchio word vir ten minste drie jaar verouder. Die kaas word gerasper net voor dit gebruik word. (parmesaan, Parmigiano)
- Parmigiano
- ’n Italiaanse kaas gemaak van afgeroomde melk. Die gelerige harde kaas het ’n pikante vrugtige smaak. Ware Parmesan word net tussen 15 April en 11 November in die provinsie Parma in Italië gemaak. Die kaas verouder vir ten minste een jaar, maar die beste soorte genoem stravecchio word vir ten minste drie jaar verouder. Die kaas word gerasper net voor dit gebruik word. (Parmesaan-kaas, parmesaan)
- pars
- Wanneer druiwe uitgedruk word.
- party
- Gesellige byeenkoms.
- pashka
- ’n Russiese koek gemaak met roomkaas, neute, suurroom, sultanas en rosyne. Dit word versier met versuikerde vrugte of neute.
- passata
- ’n Verpulpte massa, meestal van gaar groente of vrugte. Passata word veral gebruik om te verwys na verpulpte tamatie.
- pasta
- ’n Italiaanse deegmengsel wat in verskillende vorme as voedsel voorberei word.
- pastei (pie)
- ’n Gereg wat bestaan uit vleis, vis of groente wat tussen twee lae pasteideeg of op een onderlaag gebak word. Die pastei se kors kan ook van aartappel gemaak word.
- pasteideeg
- Deeg geskik vir pasteie gemaak van meel, botter en water.
- pasteitjie (patty)
- ’n Klein pastei, aartappel- of viskoekie.
- pasteurisasie
- Die proses van pasteuriseer.
- pasteuriseer
- Om melk en ander vloeistowwe tot ongeveer 70°C te verhit om mikro-organismes dood te maak wat siektes kan veroorsaak of die vloeistof kan bederf.
- patat
- ’n Melerige, soeterige knol van ’n rankplant wat as groente geëet word.
- pâté de foie gras [pa-tei de fwa gra]
- Frans vir “ganslewerpatee”.
- pâté fermentée [patei vêr-man-tie] (pre-ferment)
- ’n Bietjie gewone brooddeeg wat jy oornag in die yskas laat rys. Dit word dan stuksgewys by die brooddeeg gevoeg om ekstra smaak en geur te gee. (insuur-deeg)
- pâté sucrée
- Pâté sucrée is ’n spesiale soort deeg wat gemaak word vir oop terte. Dit staan ook bekend as Franse randtertdeeg.
- patee
- ’n Smeer van fyngemaalde vleis of ander bestanddele.
- pâtisserie [pa-tis-rie]
- Frans vir “gebak”.
- pattie
- ’n Platgedrukte balletjie maalvleis of ander bestanddele.
- paweeperske
- ’n Wit taaipitperske.
- pawieperske
- ’n Wit taaipitperske.
- pecora [pê-kôra]
- Italiaans vir “skaap”.
- patrys
- ’n Hoenderagtige voël.
- pecorino
- Pecorino is een van die wêreld se oudste kase en dateer uit die tyd van die Romeine. Die metode en voorkoms is soortgelyk aan Parmesan, skaapmelk is oorspronklik hiervoor gebruik. Die naam kom van die Italiaans vir skaap, pecora.
- peer
- ’n Sappige somervrug.
- pekan
- Eetbare neut van die boom Hicoria pecan. (pekanneut)
- pekanneut
- Eetbare neut van die boom Hicoria pecan. (pekan)
- pekel
- Water waarin baie sout opgelos is en wat gebruik word om kos in te bewaar teen bederf.
- pekelsout
- Baie sout.
- pekelwater
- Min of meer versadigde soutoplossing.
- pekko
- ’n Swart Chinese tee van hoë gehalte gemaak van die donserige tippe van die jong botsels van die teeplant.
- pektien
- Enige wateroplosbare kolloïdale koolhidraat in ryp vrugte en groente, van pektose gevorm, deur kook onttrek en jellieagtig as dit in water opgelos word.
- pel
- Die harde dop verwyder. (uitdop)
- pelagies
- Van of wat betref die diep see.
- pelser
- ’n Groot soort sardyn.
- pemmikaan
- Gedroogde vleis, vet of vrugte in die vorm van ’n koekie. Dit is deur ’n Amerikaanse stam as noodrantsoen gebruik. (pemmikan)
- pemmikan
- Gedroogde vleis, vet of vrugte in die vorm van ’n koekie. Dit is deur ’n Amerikaanse stam as noodrantsoen gebruik. (pemmikaan)
- Penicillium roqueforti
- ’n Skimmel wat by die vervaardiging van wrongel van koeimelk ingeënt word.
- penne [pen-nê]
- Pasta in die vorm van kort, reguit buisies, gewoonlik geriffel en skuins gesny.
- pens
- Die eerste maagafdeling van herkouende diere.
- peper
- Die vrug van die peperstruik, Piper nigrum, in poeiervorm wat as spesery gebruik word.
- peperboom
- ’n Immergroen boom (Schinus molle) wie se bessies as geurmiddel gebruik word.
- peperkorrel
- ’n Bessie van die peperboom wat gebruik word as geurmiddel.
- peperment
- Dit is ’n eetbare plant met ’n sterk kanfersmaak waaruit olie gepers word. Die naam word ook gebruik vir lekkers wat met die olie gegeur is.
- pepermentlikeur
- Wynspiritus wat groen gekleur en met pepermentolie gegeur is. (jangroentjie, groenmamba)
- peperstruik
- ’n Soort struik waarvan die wortels gebruik word vir die voorbereiding van ’n soort drank.(kawa, kawakawa)
- peperwortel
- ’n Plant waarvan die wortel as ’n kruid gebruik word. (ramenas)
- Peppadew
- ’n Handelsnaam gebruik vir die pikantrissie.
- pepties
- Wat spysvertering bevorder.
- perdefroetang
- ’n Knolplantjie met ’n soeterige vruggie wat geëet word. (perdeknikker)
- perdeknikker
- Lees perdefroetang .
- perdevy
- Die sappige eetbare vrug van ’n vetplant (Carpobrotus edulis). (suurvy, ghoena, ghôkum)
- peredrank
- Drank berei van die sap van pere.
- pêrelgort
- Gort sonder dop. Dit word gewoonlik gebruik om soppe en bredies te verdik. Dit gee ’n romerige afronding aan die dis.
- pêrelhoender
- Lees tarentaal.
- peri-peri
- ’n Geurmiddel wat bestaan uit sterk rissies en soms marjolein. (piri-piri)
- perkolasie
- Deursypeling, filtrasie.
- perkolator
- Lees perkoleerder.
- perkoleer
- Vloeistof deur ’n deurdringbare stof laat sypel.
- perkoleerder
- ’n Toestel wat gebruik word om vloeistof deur te sypel.
- perlé
- Witwyn met ’n effense vonkel verkry deur ’n klein hoeveelheid koolsuurgas by die eerste gisting behoue te laat bly. (perléwyn)
- perlemoen
- ’n Skulpdier. (perlemoer, klipkous)
- perlemoer
- ’n Skulpdier. (klipkous, perlemoen)
- perléwyn
- Lees perlé.
- persimmon
- Lees dadelpruim.
- perske
- ’n Sappige, smaaklike vrug van die bladwisselende boom Prunus persica.
- perskesmeer
- Fyngedrukte droëperskes.
- pesto
- Pesto is ’n sous gemaak van basielkruid, knoffel, dennepitte en olyfolie.
- petit four / petit-four [pe-tie voor]
- ’n Mooi, klein koekie of ander gebak. Die naam dateer terug na die 18de eeu toe oonde van bakstene gebou was en klein items eers gebak kon word nadat die groot items klaar was en die temperatuur reeds begin daal het. Die klein items is dan à petit four (teen 'n lae temperatuur) gebak. Daar word onderskei tussen drie soorte petit fours: gewoon (sonder versiering), vars en soutig. Soutige petit fours staan ook bekend as amuse-gueule. ’n Verskeidenheid petit fours staan bekend as mignardises.
- peul
- ’n Dop wat ’n ry saadjies bevat en oopspring wanneer dit ryp is. Ertjies en boontjies is ’n peul.
- piekel
- Piekels is, soos atjar, ’n mengsel van fyngesnyde groente en vrugte in asyn met speserye daarby, maar dit het ’n ligter smaak. Die gesnyde groente word in soutwater of koue water gewas, afgespoel, in flesse geplaas en dan bedek met asyn wat met speserye gegeur is. Dit kan ook gekook word in die asyn. Vrugte word meesal gekook voor dit in flesse gebottel word. Eiers en okkerneute kan ook gepiekel word. Piekels word bedien saam met kaas, kouevleis, kerrie, apéritif of as hors d'oeuvre.
Die klassieke formule vir piekels. - piekniek
- ’n Uitstappie in die buitelug waar geëet en gespeel word.
- piepkuiken
- ’n Baie jong kuiken. (poussin)
- Pierre Gagnaire
- Pierre Gagnaire word geassosieer met molukulêre gastronomie. Gagnaire besit die bekende Pierre Gagnaire Restaurant in Parys, Frankryk. (2006)
- piesang
- ’n Tropiese vrug, Musa sapientum, met sagte vleis.
- pieterselie
- ’n Plant, Petroselinum sativum, met ’n sterk geur wat as geurmiddel of garnering gebruik word. (pietersielie)
- pietersielie
- ’n Plant, Petroselinum sativum, met ’n sterk geur wat as geurmiddel of garnering gebruik word. (pieterselie)
- pikantrissie
- ’n Soeterige rooi rissie. Dit is oorspronklik in die Limpopoprovinsie gekweek. Peppadew is ’n bekende handelsnaam vir hierdie rissie. (dourissie)
- pilou
- ’n Indiese gereg wat bestaan uitrys wat in ’n gegeurde aftreksel gekook is.
- pils (pilsner)
- ’n Liggoue lagerbier met ’n sterk hopsgeur. (pilsener)
- pilsener (pilsner)
- ’n Liggoue lagerbier met ’n sterk hopsgeur. (pils)
- piment (allspice)
- ’n Spesery wat verkry word deur die gedroogde, onryp bessies van die Wes-Indiese pimentboom (Pimenta officinalis) fyn te maal. Een teelepel fyngemaalde bessie is gelyk aan 5 bessies. Indien jy nie dit het vir ’n gereg nie kan jy ’n mengsel gebruik van gelyke dele fyngemaalde kaneel, naeltjies, neutmuskaat en swartpeper. (naelbol, jamaikapeper, wonderpeper)
- pimento-rissie
- ’n Hartvormige rooi soetrissie. Dié rissie word gedroog en gemaal om paprika te maak.
- pimperneut
- Die Italiaanse naam pistachio word gebruik vir die amandelgeurige pitte van die vrugte van ’n kleinerige boomsoort uit Asië, Pistacia vera. (groenamandelneut, pistachio, pistasie, pistasieneut)
- piña colada
- ’n Alkoholiese drankie gemaak van klappermelk, pynappelsap en rum.
- pinca
- ’n Ryk, soet, ronde Kroatiese brood gemaak met botter en eiers en gegeur met sitrus.
- Pineau de la Loire
- ’n Naam wat soms gebruik word vir ’n chenin blanc uit die Anjou-streek in Frankryk.
- pinot noir
- ’n Druifsoort.
- pinotage
- ’n Suid-Afrikaanse rooiwynkultivar.
- pint
- ’n Vogmaat, een agste van ’n gelling.
- pipperment
- Lees peperment.
- piri-piri
- Lees peri-peri.
- pistachio [pies-ta'sjio]
- Die Italiaanse naam pistachio word gebruik vir die amandelgeurige pitte van die vrugte van ’n kleinerige boomsoort uit Asië, Pistacia vera. (groenamandelneut, pimperneut, pistasie, pistasieneut)
- pistasie
- Die Italiaanse naam pistachio [pies-ta'sjio] word gebruik vir die amandelgeurige pitte van die vrugte van ’n kleinerige boomsoort uit Asië, Pistacia vera. (groenamandelneut, pimperneut, pistachio, pistasieneut)
- pistasieneut
- Die Italiaanse naam pistachio [pies-ta'sjio] word gebruik vir die amandelgeurige pitte van die vrugte van ’n kleinerige boomsoort uit Asië, Pistacia vera. (groenamandelneut, pimperneut, pistachio, pistasie)
- pit
- Die kern van ’n vrug.
- pitabrood
- ’n Plat, effens gesuurde Midde-Oosterse brood.
- pitloos
- Sonder pitte.
- pitterig
- Vol pitte.
- pitvrug
- ’n Vrug met ’n klokhuis en pitte.
- pizza
- ’n Plat, ronde stuk deeg wat gebak word met bolae.
- pizzeria
- ’n Restaurant waar hoofsaaklik pizza’s gemaak word.
- plaatbrood
- Brood wat op ’n plaat gebak word.
- plaatkoek
- ’n Koekie wat gewoonlik bo-op ’n stoof in ’n pan of op ’n plaat gebak word. Die naam word ook gebruik vir ’n koek wat in ’n groot reghoekige koekpan gebak word.
- plathoender (spatchcock chicken, flattie)
- ’n Heel hoender wat oopgesny is vanaf die ruggraat tot by die stuitjie sodat die hoender platgedruk kan word. Die hoender word so vinniger gaar en dit is makliker om die binne- en buitekant van die hoender te geur.
- platkissie
- ’n Kissie waarin een laag vrugte verpak word vir die mark.
- platvis
- Enige vis met ’n plat lyf.
- pluimvee
- Enige geveerde huisdier.
- pluis
- Uitrafel.
- plukkis
- ’n Kis wat gebruik word vir die pluk van vrugte.
- plukryp
- Ryp genoeg om gepluk te word.
- pluksel
- Wat gepluk is.
- plunjer
- ’n Koffiemaker met ’n silindervormige glashouer en ’n plunjer wat gebruik word om die gemaalde boontjies tot onder in die houer te druk nadat die koffie gebrou is.
- poblano
- ’n Groot driehoekige groen rissie met ’n matige hitte.
- poeding (pudding)
- ’n Mengsel wat gekook, gestoom of gebak word en as nagereg bedien word. (poedinkie)
- poedinkie (pudding)
- ’n Mengsel wat gekook, gestoom of gebak word en as nagereg bedien word. (poeding)
- poeierkoffie
- Koffiebone wat gebrand en tot poeier gemaal is. (kitskoffie)
- poeleerbraai
- Die proses waartydens kos in botter of vet gesmoor word, met 'n byvoeging van vog.
- poelpetaan
- Lees tarentaal. (poelpetaat, poelpetater)
- poelpetaat
- Lees tarentaal. (poelpetaan, poelpetater)
- poelpetater
- Lees tarentaal. (poelpetaat, poelpetaan)
- poetoepap
- Drooggekookte krummelpap.
- poenskop (musselcracker)
- 'n Geurige hengelvis met 'n kenmerkende groot kop. Die vis het ferm wit vleis. Die vleis word growwer namate die vis ouer word. Die vis het verskeie name alhoewel daar net twee soorte in Suid-Afrika voorkom. Die name sluit in mosselkraker, bloubiskop, swartbiskop, witbek en witbiskop.
- poffertjie
- 'n Poffertjie is 'n deegkoekie wat in kokende vet of olie gebak word.
- pofkoring
- Koring wat gepof is.
- polenta
- Growwe mieliemeel.
- polfyntjie
- ’n Soort koekie.
- polonie (polony)
- ’n Groot wors wat gewoonlik varkvleis bevat en gereed is om geëet te word.
- polpette
- Polpette is Italiaans vir frikkadelle.
- pomelo
- ’n Pomelo is ’n groot, geel sitrusvrug, Citrus paradisi, met ’n bitter-suur smaak.
- pomelonartjie
- ’n Kruising tussen ’n pomelo en ’n nartjie. (tangelo)
- pompelmoes
- Pompelmoes, soms pampelmoes, is ’n groot sitrusvrug met 'n dik skil en ’n bitter smaak, Citrus maxima. (pampelmoes)
- pompernikkel
- ’n Ongesuurde swart brood gebak van growwe, ongesifte rogmeel. Dit is oorspronklik van Wesfale in Duitsland. (pumpernickel)
- pompstofie
- ’n Stofie waarvan die brandstof onder druk staan en in vergaste vorm verbrand word. (drukstofie)
- pompwater
- ’n Afrikaanse benaming vir ale. (Engelse bier)
- pons (punch)
- ’n Mengeldrankie wat gewoonlik in grootmaat voorgesit word.
- Pont l’eveque
- Pont l’eveque is ’n sagte kaas gemaak van onafgeroomde koeimelk. Dit het ’n besondere smaak. Soos dit ryp word ontwikkel die kaas ’n kim.
- pont-neuf
- ’n Paryse gebak gevul met marsepein of ’n mengsel van choux deeg en vla, gegeur met rum of fyngemaakte amandelkoekies en geglasseer met apelkooskonfyt.
- pont-neuf aartappels
- Niks anders as aartappelskyfies (chips) nie.
- Pontacq
- ’n Franse druifvariëteit.
- pontak
- ’n Donkerrooi, baie vol, soet of droë wyn gemaak van pontak druiwe. (pontakwyn)
- pontakwyn
- ’n Donkerrooi, baie vol, soet of droë wyn gemaak van pontak druiwe. (pontak)
- poolish
- ’n Baie loperige brooddeeg wat jy oornag in die yskas laat rys. Dit bevat geen sout nie. Die deeg word tydens die meng van die brooddeeg bygegooi. Dit word bygevoeg om ekstra smaak en geur te gee.
- pootjies
- Een van 'n dier se ledemate.
- poppadum
- ’n Gewilde Indiese brood gemaak van die meel van lensies en kekerertjies. Die deeg word baie dun uitgerol en gedroog voor gebruik.
- porcini
- ’n Groot sampioen met ’n sterk neutsmaak. (porcino, porcinosampioen, fungo porcino)
- porcino
- ’n Groot sampioen met ’n sterk neutsmaak. (porcini, porcinosampioen, fungo porcino)
- porcinosampioen
- ’n Groot sampioen met ’n sterk neutsmaak. (porcini, porcino, fungo porcino)
- pörkölt
- Wanneer vark- of lamsvleis gebruik word om ghoelasj te maak verwys die Hongare daarna as pörkölt.
- porselein
- Porselein is erdewerk gebak van ’n sekere soort klei. Die naam word egter ook gebruik vir ’n plant wat algemeen in tuine voorkom en vir onkruid aangesien word. Dit kan egter as groente gebruik word. (postelein, portulak, varkkos)
Porselein resep - porsie
- Die gedeelte wat iemand kry wanneer kos ingeskep word.
- port
- ’n Wynsoort, oorspronklik van Oporto in Portugal. Die dorpie Calitzdorp word die port hoofstad van Suid-Afrika genoem. (portwyn)
- portulak
- ’n Plant wat algemeen in tuine voorkom en vir onkruid aangesien word. Dit kan egter as groente gebruik word. (porselein, postelein, varkkos)
Portulak resep - portwyn
- ’n Wynsoort, oorspronklik van Oporto in Portugal. Die dorpie Calitzdorp word die port hoofstad van Suid-Afrika genoem. (port)
- portabello
- ’n Groot, geurige sampioen (Agaricus bisporus). (portobello, portobellosampioen, portobellini
- Portland
- ’n Raar skaapras vir wol- en vleisproduksie, oorspronklik van Portland Island naby Dorchester in Brittanje.
- portobellini
- ’n Groot, geurige sampioen (Agaricus bisporus). (portabello, portobellosampioen, portobello
- portobello
- ’n Groot, geurige sampioen (Agaricus bisporus). (portabello, portobellosampioen, portobellini
- portobellosampioen
- ’n Groot, geurige sampioen (Agaricus bisporus). (portabello, portobello, portobellini
- posjeer
- Om sekere kosse, soos byvoorbeeld eier, sonder dop in kookwater, melk of sop te kook.
- postelein
- ’n Plant wat algemeen in tuine voorkom en vir onkruid aangesien word. Dit kan egter as groente gebruik word. (porselein, portulak, varkkos)
Postelein resep - pot
- ’n Houer, gewoonlik wyd en rond, met of sonder deksel, om kos ingaar te maak.
- potborsel
- ’n Borsel waarmee potte skoongemaak word.
- potbraai
- In ’n potbraai.
- potbrood
- Brood wat in ’n pot gebak word.
Potbrood - potjie
- ’n Pot, veral ’n swart driepoot-ysterpot, waarin ’n bredie op die braaikole gaargemaak word. Die woord word ook gebruik vir die bredie self.
- potjiekos
- ’n Mengsel van vleis en ander bestanddele wat in ’n driebeenpot oor ’n oop vuur gaargemaak word.
- potklaar
- Reg om in die pot te kom.
- potlap
- Lap om ’n pot mee skoon te maak.
- potlepel
- ’n Groot kombuislepel wat gebruik word tydens die voorbereiding van kos.
- potskraper
- Gereedskap om potte mee skoon te skraap.
- potstaander
- ’n Staander waarop ’n warm pot geplaas kan word. Word ook gebruik vir staanders waarop potte gebêre word.
- potvis
- ’n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewer olie van die hoogste gehalte. (potwalvis)
- potwalvis
- ’n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewer olie van die hoogste gehalte. (potvis)
- pralien
- Franse lekkergoed gemaak van neute gekaramelliseer in kokende suiker en dikwels as vulsel in sjokolade gebruik. (praline)
- praline
- Franse lekkergoed gemaak van neute gekaramelliseer in kokende suiker en dikwels as vulsel in sjokolade gebruik. (pralien)
- prei
- ’n Prei is ’n soort ui.
- preserveer
- Teen bederf bewaar.
- preserveermiddel
- ’n Middel wat iets kan preserveer.
- preserwatief
- Kos met bymiddels en preserveermiddels.
- pretzel
- ’n Duitse sout krakeling gemaak van ’n reep deeg wat so gedraai word dat dit vorm van die hoofletter B aanneem.
- priem
- ’n Skerp werktuig wat gebruik word om gate te steek.
- Primavera
- ’n Pastagereg met allerhande lentegroente wat liggies gesoteer is.
- proepaneel
- ’n Span beoordelaars wat die beste wyn/bier/kaas/olyfolie/ens. aanwys nadat hulle aan verskillende monsters geproe het.
- proeseltjie
- Iets klein om te eet. (happie)
- proespyskaart
- ’n Spyskaart waarvan klein porsies van verskillende geregte saam as enkelmaal bestel word.
- pronkertjie
- ’n Sierertjie met spoggerige blomme van verskillende kleure.
- pronsaalboontjie
- ’n Soort boontjie oorspronklik uit Provence, Frankryk.
- prosciutto
- Prosciutto is ’n Italiaanse ham wat vir 2 jaar gepekel word en dan papierdun gesny word.
- prosit
- ’n Heilwens by ’n drankie.
- proviand
- Voorraad van kos.
- proviandeer
- Van voedsel voorsien.
- proviandmeester
- Opsigter oor die voedsel op ’n skip.
- provisie
- Voedselvoorraad.
- pruim
- ’n Ronderige vrug met soet vleis en plat pit.
- pruimedant
- ’n Groterige, droë pruim met donker rooipers sap.
- prut
- Saggies kook.
- pruttel
- Borrel.
- pulpo [poel-pô]
- Spaans vir “seekat”.
- pumpernickel
- ’n Ongesuurde swart brood gebak van growwe, ongesifte rogmeel. Dit is oorspronklik van Wesfale in Duitsland. (pompernikkel)
- puree
- ’n Verpulpte massa, meestal van gaar groente of vrugte. Purees van vleis en vis word meestal gebruik vir vulsels. (purée)
- purée
- ’n Verpulpte massa, meestal van gaar groente of vrugte. Purées van vleis en vis word meestal gebruik vir vulsels. (puree)
- pureesop
- ’n Sop gemaak van ’n groentepuree. Die puree word met water verdun om die sop te maak. (puréesop)
- puréesop
- ’n Sop gemaak van ’n groentepurée. Die purée word met water verdun om die sop te maak. (pureesop)
- puttanesca
- ’n Sous met ’n tamatie-en-ui-basis. Dit bevat gewoonlik ook kappersade, ansjovis, swart olywe en origanum.
Pasta Puttanesca - Puy-lensies
- Die lensies is afkomstig uit die Le Puy-gebied in Frankryk. Die lensies het 'n blou-groen kleur met 'n peperagtige smaak.
- pylwortel
- ’n Eetbare stysel verkry uit die knolle of wortelstokke van verskeie plantsoorte. (araroet)
- pynappel
- ’n Groot, sappige tropiese vrug met geurige geel vleis in ’n taai skil.
Pynappelbier - pypkaneel
- Stukkies bas van die kaneelboom wat gedroog, opgerol en gebruik word as spesery.
Wynwoordeboek
No comments :
Post a comment