A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
- maagbitter
- ’n Bitter, versterkende drankie wat die eetlus opwek en die maag versterk.
- maal
- Kos wat op een keer genuttig word. As werkwoord verwys dit na die fynmaak van voedsel in ’n meul.
- maalklip
- ’n Klip waarop graan, mielies, ens. gemaal word.
- maaltyd
- ’n Geleentheid waarop daar geëet word.
- maalvleis
- Vleis wat fyngemaal is.
- maas
- Die woord word soms gebruik vir die Zoeloe-dikmelk, amaas, of suurmelk. Dit lyk soos joghurt maar het ’n sagter smaak.
- maaskaas (cottage cheese)
- ’n Sagte wit wrongelkaas wat van suurmelk gemaak word in korrel of gladde vorm. (dikmelkkaas)
- macadamia
- Neut van die makadamiaboom. (macadamianeut, makadamia, makadamianeut)
- macadamianeut
- Neut van die makadamiaboom. (macadamia, makadamia, makadamianeut)
- macaire
- ’n Gebakte aartappel, uitgehol en weer gevul met die fyngemaakte aartappel. Daarna word dit in botter gebraai.
- macaroni
- ’n Pastadeeg wat tot pypies gevorm is.
Macaroni en kaas - macédoine [ma-sê-doi-nê]
- Uit die Spaanse kookkuns vir ’n mengsel van fyngekapte groente of vrugte.
- macédoine [me-se-dwaan]
- In die Franse kookkuns verwys dit na ’n mengsel van vrugte (macédoine de fruits) of groente (macédoine de légumes).
- Madeira-koek
- ’n Suurlemoen-gegeurde sponskoek.
Madeira-koek - Madeira-sous
- ’n Bruin sous met ’n bouquet garni, madeirawyn of port.
- madeirawyn
- ’n Gefortifiseerde wyn van die Portugese eiland Madeira. Die name Madeira en Madère mag slegs vir wyn van die eiland gebruik word.
- madeleine
- ’n Klein koek of koekie wat in ’n vorm gebak word.
Madeleine - madrilène-sop
- ’n Helder sop of consommé gegeur met tamatiesap en warm of koud voorgesit en soms gestol as ’n jellie.
- madumbi
- ’n Woord wat uit Zoeloe verleen is wat verwys na die eetbare wortel van die Colocasia-plant. Dit is soortgelyk aan ’n soetpatat.
- magou
- ’n Woord wat uit Zoeloe verleen is wat verwys na gegiste wit suurpap wat tot ’n ligte, drinkbare bier verdun word.
- maïs [ma-ês]
- Frans vir “mieliemeel” of “setmeel”.
- maître d’hôtel [mê-tre dô-tel]
- Hoofkelner in ’n (deftige) restaurant. Die woord word ook gebruik vir aartappels gesny, in aftreksel gekook en bedek met pietersielie en botter.
- maître d’hôtel-sous [mê-tre dô-tel]
- ’n Klontjie botter gemaak deur ’n mengsel van botter, suurlemoensap, pietersielie, sout en peper te knie totdat dit glad is. Dit word in uitgedrukte vorms op vleis of vis geplaas net voor dit voorgesit word.
- Maizena
- ’n Handelsnaam vir fyngemaalde mieliemeel. Dit word gewoonlik gebruik om souse te verdik.
- makadamia
- Neut van die makadamiaboom. (macadamia, macadamianeut, makadamianeut)
- makadamianeut
- Neut van die makadamiaboom. (macadamia, macadamianeut, makadamia)
- makataan
- Die vrug van ’n rankgewas Citrullus lanatus. (kafferwaatlemoen)
- makietie
- ’n Informele woord, afkomstig van Sotho, vir ’n partytjie of fees.
- makimono
- ’n Woord uit die Japanese kookkuns wat verwys na rolletjies rys om ’n stukkie vis, toegerol in seewier.
- makriel
- ’n Eetbare seevis, silweragtig van kleur met swart kartel strepe.
Makriel met Italiaanse sous - makrobioties
- ’n Dieet wat bestaan uit organiese kossoorte en vis.
- makrol (macaroon)
- ’n Kleinkoekie wat hoofsaaklik bestaan uit eierwit, suiker, gemaalde amandels, amandelpasta en klapper. (bitterkoekie, amandelkoekie, eierbeskuitjie)
- malaga
- Malaga is ’n soet Spaanse wyn.
- maltabella
- ’n Gladde bruin pap met ’n mouterige smaak.
- malvalekker (marsmallow)
- ’n Baie sagte, ligte lekker, gewoonlik wit of ligpienk, wat sponserig is wanneer jy dit kou. Dit word van suiker en eierwit gemaak. (sponslekker)
- mampoer
- ’n Baie sterk tuisgestookte drank van wildevrugte soos maroelas. Die naam kom dalk van Mampuru, ’n eertydse Pedi-hoofman van ’n maroelastreek waar die drank baie gestook is.
- man’ousheh
- ’n Midde-Oosterse platbrood met ’n taai, bros tekstuur. (manakeesh, mana’eesh)
- mana’eesh
- ’n Midde-Oosterse platbrood met ’n taai, bros tekstuur. (manakeesh, man’ousheh)
- manakeesh
- ’n Midde-Oosterse platbrood met ’n taai, bros tekstuur. (mana’eesh, man’ousheh)
- manchette [mahn-sjet]
- ’n Papiervalletjie wat as versiering aan die been gesit word wat by ’n vleisstuk of kotelet uitsteek.
- manchon [mahn-sjôn]
- ’n Klein koekie van skilferdeeg.
- mandaryn
- ’n Baie soet en sappige, (bykans) pitlose sitrusvrug wat lyk soos ’n lemoen. Dit het ’n sagte, maklik afskilbare dieporanje skil.
- mandolien
- ’n Stuk kombuisgereedskap wat gebruik word om groente en vrugte in papierdun skyfies te sny.
- mango
- ’n Ovaal vrug met ’n gladde rooigroen skil, soet sappige oranjegeel vleis en ’n groot, effens harige pit. Mango’s is oorspronklik van Suid- en Suidoos-Asië. (veselperske)
- manioc [ma-nie-ok]
- Frans vir “maniok”. (kassawe)
- maniok
- ’n Wes-Indiese plant met knolagtige wortels waarvan meel gemaak word om brood te bak. (manioc, kassawe)
- manna (millet)
- ’n Grassoort waarvan die saad as graan geoes word.
- manta
- ’n Groot vis van die rogfamilie. Die vis hou in warm water. (seeduiwel)
- mantelvleis (skirt)
- ’n Snit van die diafragma van ’n dier.
- maple
- ’n Boom wat sap het wat in die vorm van suiker of stroop geëet word.
- maquereau [ma-ke-rou]
- Frans vir “makriel”.
- marachino
- ’n Gepreserveerde kersie wat versoet is. Dit is gewoonlik ligte soet kersies soos die Royal Ann of Rainier wat ingelê word. Daar is ’n Italiaanse likeur met dieselfde naam, gemaak van klein swart kersies. (maraschino)
- marakka
- ’n Kalbasvormige pampoen, Lagenaria siceraria, wat as groente gebruik word. (maranka, marankie)
- maranka
- ’n Kalbasvormige pampoen, Lagenaria siceraria, wat as groente gebruik word. (marakka, marankie)
- marankie
- ’n Kalbasvormige pampoen, Lagenaria siceraria, wat as groente gebruik word. (maranka, marakka)
- maranka
- ’n Kalbasvormige pampoen, Lagenaria siceraria, wat as groente gebruik word. (marakka, marankie)
- maraschino
- ’n Gepreserveerde kersie wat versoet is. Dit is gewoonlik ligte soet kersies soos die Royal Ann of Rainier wat ingelê word. Daar is ’n Italiaanse likeur met dieselfde naam, gemaak van klein swart kersies. (marachino)
- marasskyn
- ’n Italiaanse likeur met dieselfde naam, gemaak van klein swart kersies. (maraschino)
- Marengo
- ’n Sampioen- en knoffelsous. Die naam word ook gebruik vir ’n gereg wat vernoem is na ’n slag waarin Napoleon Oostenryk verslaan het. Die gereg is voor die slag en Napoleon het geweier om dit te eet want dit het nie die tradisionele garnering van kreef bevat nie. Hy was oortuig dit sal vir hom ongeluk besorg.
- margarien
- ’n Plaasvervanger van botter, gemaak van gehidrogeneerde plantolies gemeng met emulgeerders, vitamiene, kleurstof en ander bestanddele.
- margarita
- Die Mexikaanse mengeldrankie is spesiaal in 1938 deur ’n kroegman, Danny “Carlos” Herrera, ontwerp vir 'n danseres met die naam van Marjorie King. Sy was allergies vir alle soorte drank, behalwe tequila. Margarita is Spaans vir Marjorie.
- marinade
- ’n Gekruide sous van asyn, wyn of olie waarin vis en vleis deurweek word om dit ’n aangename geur te gee.
- marinades
- Marinades is ’n poffertjie gemaak van 'n gekruide puree van groente of vis wat bedek word met deeg. Dit is veral gewild in die Karibiese Eilande. Dit word baie warm bedien as voorgereg of as 'n happie met ’n skemerkelkie. Marinades is beter bekend as acras maar word ook genoem bonbons à l'huile, sowel as stamp and go in Jamaika en surullitos in Puerto Rico.
- marineer
- Voedsel inlê in veral asyn en kruie.
- marjolein
- ’n Struik, Origanum vulgare, waarvan die blare as kruie gebruik word.
- marlyn
- Een van verskeie groot sportvisse met ’n verlengde spiesagtige bokaak.
- marmeer
- Twee mengsels liggies saam roer om kleurpatrone te vorm.
- marmelade
- Fynkonfyt van gesnipperde lemoene. In Suid-Afrika word dit gewoonlik volgens die Engelse tradisie by ontbyt geëet met roosterbrood.
Marmelade - marmite
- Vir Suid-Afrikaners beteken dit die suurdeegpasta soortgelyk aan vleisekstrak wat as ’n smeer verkoop word. Die Franse gebruik die woord vir ’n erde- of metaalpot met ’n deksel.
- maroela
- ’n Geel vrug met 'n eetbare pitkern. Dit het 'n okkerneutagtige smaak. Daar word ook likeur van die vrugte gemaak.
- marog
- ’n Wildegroentesoort soortgelyk aan spinasie.
- marsala
- Gefortifiseerde soetwyn, oorspronklik van Marsala in Sisilië.
- marsbanker
- ’n Vis met ’n groen/blou bolyf en silwer onderlyf, wat ongeveer 51 cm lank word en veral aan die Weskus voorkom. Dit is beter bekend as die masbanker.
- marsepein (marzipan)
- Amandelpasta is fyngemaakte amandel wat gemeng is met vanielje-essens, suiker en eiers. Dit word veral gebruik vir lekkers en die versiering van vrugtekoeke. (amandelpasta)
Hoe om marsepein te maak (marzipan) - masa harina
- ’n Spesiale Mexikaanse meel waarvan tortillas gemaak word.
- masala
- Masala beteken letterlik speserymengsel. Daar is verskeie variasies van die Indiese kruiemengsel wat normaalweg vir kerrie gebruik word.
Meng jou eie masala - masbanker
- ’n Vis met ’n groen/blou bolyf en silwer onderlyf, wat ongeveer 51 cm lank word en veral aan die Weskus voorkom. (masbanker)
- mascarpone
- ’n Sagte Italiaanse kaas gemaak van room.
Mascarpone doopsous - masereer
- Om deel van ’n stof uit kruie te haal deur dit in ’n vloeistof (gewoonlik alkohol) te dompel of te week.
- maté
- ’n Plant, ryk aan kafeïen, wat gebruik word vir die bereiding van treksels.
- matelot [mat-lot]
- ’n Franse visbredie gemaak met wyn. Die woord word ook gebruik vir ’n garnering van uie, sampioene en croûtons.
- matignon [ma-tien-jon]
- Frans vir klein hoeveelhede fyngekapte wortel, uie, ham, seldery, ’n takkie tiemie en ’n lourierblaar. Dit word gestowe met botter en sjerrie.
- matjes
- Haring wat heel gepekel en gesout is. (matjes-haring)
- matjes-haring
- Haring wat heel gepekel en gesout is. (matjes)
- matso
- Ongesuurde brood wat tydens die Joodse Paasfees (Pasga) geëet word. (matzo)
Matso - matzo
- Ongesuurde brood wat tydens die Joodse Paasfees (Pasga) geëet word. (matso)
Matso - mayonnaise
- Is ’n slaaisous wat ’n vermenging is van eiergeel en olie wat gegeur word met sout, peper, asyn en mosterd. Daar is nie eenstemmigheid oor die herkoms van die sous of die naam nie.
Mayonnaise - mayonnaise-eiers (egg mayonnaise)
- Die eier is hardgekook, in die lengte gehalveer en bedek met ’n mengsel van geklitste eiergeel, asyn, en geurmiddels, of mayonnaise.
- Maytag Blue Cheese
- ’n Bekende Amerikaanse bloukaas.
- mebos
- Mebos is gedroogde, versuikerde appelkose met ’n souterige, soet-suur smaak.
Mebos resep - médaillon [me-dal-jon]
- Frans vir “medaljon”.
- medaljon (medallion)
- Vleis van die lende of filet wat in ronde of ovaal vorms gesny word.
- mede (mead)
- ’n Alkoholiese drank gemaak van gegiste heuning en water.
- meel
- ’n Poeier wat ontstaan wanneer veral koring gemaal word.
- meelblom
- Meelblom is die fynste soort meel.
- meelbol
- Meelbol is ’n droë meel wat in ’n vuurvaste houer ingedruk en gebak word. Dit is vroeër as babakos gebruik.
- meelpap (gruel)
- Pap gemaak van graanmeel en water of melk.
- meelpiesang (plantain)
- ’n Tropiese piesang wat vir kook gebruik word.
- melasse
- ’n Dik bruin stof wat van geraffineerde suiker verkry word.
- Melba-roosterbrood
- Papierdun snytjies brood wat gerooster is en voor ete met botter voorgesit word.
- Melba-sous
- ’n Sous met ’n framboos-basis.
- melissa
- ’n Sitroenkruid wat gebruik word vir die maak van medisyne en drank.
- melk (milk)
- ’n Wit vloeistof wat deur die uiers van soogdiere afgeskei word.
- melkkoei
- ’n Koei wat vir haar melk aangehou word en gereeld gemelk word.
- melkkos
- ’n Gereg waarvan melk die vernaamste bestanddeel is.
Melkkos resep - melklappie
- ’n Lappie wat oor ’n melkbeker gegooi word. Dit is gewoonlik versier met krale ens. (bekerlappie)
- melkpoeding
- ’n Poeding waarvan melk die hoofbestanddeel is.
- melkpoeier
- Ontwaterde melk in die vorm van ’n poeier. (droëmelk)
- melkskommel (milkshake)
- ’n Soet drankie gemaak van melk en geursel. Dit word dikwels met roomys gemeng.
- melksnysels
- Deeg wat in repe gesny is en in melk gekook word om as melkkos voorgesit te word.
Melksnysels resep
Slinger-om-die-smoel resep
- melktert
- ’n Gewilde, eg Suid-Afrikaanse tert met ’n geelwit vulsel van melk gemaak.
Oumagrootjie se melktert resep
Korslose melktert resep
Yskas melktert resep - melkvis
- ’n Groot plantetende vis (Chanos chanos) met ’n silwer kleur.
- meloen
- ’n Ronde vrug wat rou as voorgereg of as nagereg geëet word. Geur met sout of gemmer, of versoet met suiker.
- mellorine
- ’n Soort roomys. Dit is ’n mengsel van melkvet en plantaardige olie.
- ménagère
- Die Franse woord ménagère beteken eenvoudig en maklik - soos ’n besige huisvrou dit sou maak.
- menasie
- ’n Klub waaraan ’n groep persone, gewoonlik matrose of soldate, behoort en waar hulle maaltye en drankies teen ’n verminderde tarief kan kry.
- meng
- Bestanddele met ’n klitser, lepel of vurk vermeng tot ’n eenvormige mengsel.
- mengbak
- ’n Bak wat gebruik word om verskillende stowwe te meng.
- mengeldrank
- ’n Alkoholiese drank wat uit ’n aantal bestanddele bestaan en wat gewoonlik met ys en water bedien word.
- mengelmoes (medley)
- ’n Mengsel van vrugte of groente.
- menger
- ’n Toestel wat gebruik word om mee te meng. Die woord word ook gebruik vir ’n nie-alkoholiese drank wat met ’n alkoholiese drank gemeng kan word.
- mengsel
- Bestanddele met ’n klitser, lepel of vurk vermeng tot ’n eenvormige mengsel.
- menthe [mênt]
- Frans vir “kruisement”.
- mentjie
- Lekkers wat met pepermentolie gegeur is. Beter bekend as ’n peperment.
- mentol
- ’n Kanferagtige bestanddeel van pepermentolie.
- menu [mê-nu]
- ’n Franse naam vir ’n lys van verskillende geregte wat vir ’n maaltyd voorberei kan word. (spyskaart)
- Merendeiro
- ’n Portugese kaas gemaak van skaapmelk. Tradisioneel word die kaas vir ’n jaar lank in olyfolie gehou.
- merg
- ’n Verouderde vorm van “murg”.
- meringue [me-reng]
- ’n Franse bolaag of versiersel wat ook net so bedien word as nagereg. Dit is ’n mengsel van styfgeklitste eierwitte en poeiersuiker. In Afrikaans word dit ’n skuimpie genoem.
Meringue resep - merlan [mêr-lih]
- Frans vir “wyting”.
- Merlot [mer-loh]
- ’n Rooiwyndruifsoort, oorspronklik van die Bordeau-streek in Frankryk.
- merlu [mêr-lu]
- Frans vir “stokvis”.
- merluche [mêr-loesj]
- Frans vir gedroogde kabeljou of stokvis.
- mes
- ’n Skerpkantige staallem wat vasgesit is in 'n hef.
- meskal
- ’n Kleurlose Mexikaanse drank berei uit die blare van agawes wat gerooster en aan gisting onderwerp word.
- mespunt
- ’n Klein hoeveelheid wat op die punt van die mes lê.
- messegoed
- Eetgerei soos messe, vurke en lepels.
- metton [mê-tô]
- Metton is ’n loperige Franse kaas gemaak in Franche-Comté. Tradisioneel word dit gemaak van laevet koeimelk en in ’n erdepot met water of melk gekook. Sout en botter word ook bygevoeg en soms knoffel.
- mettwurst
- Gerookte wors van gesoute bees- en varkvleis.
- metwors
- Metwors is soos varkwors met ’n besondere fyn tekstuur.
- meul
- ’n Toestel waarmee iets fyn gemaal word.
- meunière
- Meunière is die term wat gebruik word vir die gaarmaak van klein, heel vissies of visfilette wat in botter gebraai en met meunièrebotter bedien word. Gewoonlik word so ’n gereg op ’n lang skottel bedien.
- meulsteen
- Enigeen van twee stene in ’n meul waartussen graan fyngemaal word.
- Mexikaanse tamaties
- ’n Harde groen vrug met ’n papieragtige skil, wat verwyder moet word voor gebruik. Dit word gewoonlik in souse gebruik. Ook genoem tomatillo of tomate verde.
- meze
- ’n Verskeidenheid voorgereggies/aptytwekkers. Die woord word veral gebruik in die Griekse en Turkse kookkuns.
- miandise
- Klein vrugtige lekkernytjies voorgesit aan die einde van ’n ete.
- middagmaal
- ’n Maaltyd in die middel van die dag.
- middelstuk
- Die deel uit die middel van ’n groter stuk vleis gesny.
- Mie de Pain [mie de pa]
- Frans vir broodkrummels sonder korsies.
- miel [mie-el]
- Frans vir “heuning”.
- mielie
- ’n Graansoort met ’n ronde stronk vol rye platronde pitte.
- mieliebaard
- Bestuiwingsdrade aan die kop van ’n mielie.
- mielieblom (cornflour, cornstarch)
- ’n Baie fynmeel van gemaalde mielies.
- mieliebrood
- ’n Brood gemaak van mielies.
Mieliebrood - mieliegruis (hominy)
- Dit verwys na mielies wat grof gemaal is of ’n gereg gemaak met grof gemaalde mielies.
- mieliemeel (maize meal)
- Meel gemaak van mielies.
- mieliepap
- Pap gemaak van mieliemeel, water en sout.
Mieliepap - mieliestroop (corn syrup, maize syrup)
- Vloeibare glukose wat in die plek van suiker gebruik word in die inmaak- en lekkergoedbedryf.
- miet
- Die larwe van ’n mot- of kewersoort.
- mignardises
- ’n Versameling van ’n verskeidenheid petit fours.
- mignon
- ’n Klein stukkie filet, gewoonlik 150 g.
- mijoter [mie-sho-tee]
- Frans vir om oor ’n lae tempeeratuur te prut vir ’n lang tydperk.
- mikrobrouery
- ’n Klein, gewoonlik onafhanklike brouery wat ’n beperkte hoeveelheid bier lewer.
- mikrogolfoond
- ’n Oond wat mikrogolwe gebruik om voedsel vinnig warm of gaar te maak, of om bevrore voedsel vinnig te ontdooi.
- mille-feulille
- Lae skilferkors met ’n roomvulsel tussenin.
- minaret
- Dié groente is ’n kruising tussen blomkoolen broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. (romanesco, romanesco-blomkool, romanesco-broccoli, calabrese-romanesco)
- mineola
- ’n Sappige, pitlose sitrusvrug met ’n sagte dieporanje skil en ’n kenmerkende uitstulppunt. Dits is ’n kruising tussen ’n nartjie en ’n pomelo.
- mineraalwater
- Water wat baie minerale bevat en uit ’n ondergrondse bron kom.
- minestrone [mie-ne-stro-ne]
- ’n Kragtige, dik Italiaanse sop van groente en pasta, bedien met ’n laag gerasperde pecorino.
Minestrone - minuutglas
- ’n Sandloper wat een minuut lank loop.
- mirabelle
- ’n Klein, groterige geel pruim wat in konfyt en as ’n tertvulsel gebruik word. Dit is ook die naam van ’n pruimlikeur.
- Mirepoix [mier-pwa]
- ’n Mirepoix is ’n Franse woord vir ’n mengsel van fyngekapte groente, tradisioneel ui, wortel en seldery, wat as basis in sop, bredies en souse gebruik word. Die woord word ook gebruik vir ’n bossie kruie wat in botter gesmoor is. Souse wat met die kruie gemaak is kry die byvoegsel Mirepoix. Die naam is van die Markies van Mirepoix, wie se vrou bevriend was met Koning Lodewyk XV, wat baie gehou het van die manier van voorbereiding van ’n sous deur hulle kok.
Mirepoix - miriliton
- ’n Klein tertjie gevul met ’n vulsel.
- mirin
- ’n Japannese alkoholiese drank gemaak van rys. Dit is soortgelyk aan saké, maar met minder alkohol.
- misbredie
- Enigeen van ’n aantal onkruidsoorte wat gekook en as groente geëet kan word.
- misbrood
- Offerbrood wat by die misoffer en die Heilige Kommunie van die Rooms-Katolieke Kerk bedien word. Dit is ook bekend as hostie of oblaat.
- miso
- Gefermenteerde sojaboonpasta. ’n Belangrike komponent van Japanese souse en sop.
Miso resep >> - mispel (medlar)
- ’n Appelagtige, eetbare vrug van die mispelboom. Dit is rooibruin as dit ryp is en smaak amper soos ’n gebakte kweper.
- mittedjale
- ’n Versamelnaam vir ’n speseryemengsel.
- mizuna
- ’n Groente met veeragtige blare en ’n mosterdagtige smaak. Dit staan ook bekend as mosterdslaai.
- mocha
- Espresso, sjokolade stroop, melk en geklitste room. (mocca)
Café Mocha - moddervis
- Een van verskeie soorte algvretende varswatervisse.
- moelle [moe-el]
- Frans vir “murg”.
- moepel
- Die boom, ook bekend as die rooimelkhoutboom, het eetbare vrugte.
- moer
- Afsaksel in koffie.
- moerbei
- Die sappige, bessieagtige vrug van die moerbeiboom.
- moerkoffie
- Koffie van koffiemoer gemaak.
- moes
- Is fyngekookte groente of vrugte.
- moesaka
- ’n Gebakte Griekse dis wat bestaan uit lae gemaalde lam of bief, skywe eiervrug en soms tamatie, met kaassous oor.
Moussaka - moeseliensous
- ’n Wit Hollandaise-sous gemeng met geklopte room of koue mayonnaise. (Mousseuse, Mousseline, eier-en-roomsous)
- mofhartbees
- ’n Wildsboksoort, Alcelaphus lichtensteini. (vaalhartbees)
- moggel
- ’n Groot varswatervis sonder skubbe met baard om die bek. (baber).
- mokka
- Ryk, sterk gegeurde donkerbruin koffie. Oorspronklik is mokka uit Arabië ingevoer. (mokkakoffie)
- mokka-room
- Vla gegeur met koffie. (Chantilly-room)
- mokkakoffie
- Ryk, sterk gegeurde donkerbruin koffie. Oorspronklik is mokka uit Arabië ingevoer. (mokka)
- molukulêre gastronomie
- Molukulêre gastronomie is die aanwending van die wetenskap in gastronomie. Belangrike sjefs in die veld is Ferrán Adrià, Pierre Gagnaire en Heston Blumenthal.
- mondproviand
- Kos.
- mondprovisie
- Kos.
- mondvoorraad
- Kos.
- monk
- ’n Soort haai of die helderkleurige vis Brama raii. (engelhaai, engelvis) Dit kom net voor aan die Suid-Afrikaanse kus, tussen Mosselbaai en Delagoabaai.
- mononatriumglutamaat (MNG)
- Die sout van glutamiensuur, wat as ’n plaasvervanger vir sout gebruik word om kos te geur.
- monter [mon-tee]
- Frans vir om om lug in iets te klop.
- morel
- ’n Morel is ’n soort eetbare sampioen.
- Mornay
- ’n Variasie van béchamel-sous. Die smaak word verkry deur die byvoeging van eiergeel en Gruyère. Die sous is die uitvindsel van die sjef Joseph Voiron van die Durand-restaurant wat dit vernoem het na sy oudste seun. Die sous word veral gebruik om disse te bedek wat onder ’n rooster geplaas word.
Mornay-sous. <- - mortadella
- Italiaanse kouevleis gemaak van gemaalde vark. Die naam word ook gebruik vir ’n Italiaanse en Duitse wors.
- morue [mô-ru]
- ’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met 'n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir 'n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer.
In Afrikaans is dit bekend as die kabeljou, boerkabeljou, kob en rietbul. In Frans staan dit ook bekend as cabillaud [kaa-bee-jo]. - mos
- Ongegiste druiwesap.
- mosbeskuit
- Beskuit of bolletjies wat met suurdeeg van mos gebak is. (mosbolletjies)
- mosbolletjies
- Beskuit of bolletjies wat met suurdeeg van mos gebak is. (mosbeskuit)
Mosbolletjies resep - moskonfyt
- Stroop wat van mos gekook is. (mosstroop)
- mossel
- ’n Tweekleppige weekdier.
’n Mossel happie - mosselkraker (musselcracker)
- ’n Geurige hengelvis met 'n kenmerkende groot kop. Die vis het ferm wit vleis. Die vleis word growwer namate die vis ouer word. Die vis het verskeie name alhoewel daar net twee soorte in Suid-Afrika voorkom. Die name sluit in bloubiskop, poenskop, swartbiskop, witbek en witbiskop.
- mosstroop
- Stroop wat van mos gekook is.(moskonfyt)
- mosterd (mustard)
- ’n Plant waarvan die saad fyngemaal word tot ’n sterk poeier. Dit word soms aangemaak met asyn. Die sous word veral saam met koue vleis geëet en gebruik in souse.
- mosterdslaai
- Groente met ’n mosterdagtige smaak. (mizuna)
- moule [moel]
- Frans vir “mossel”.
- mouler [moe-lêr]
- In ’n vorm te berei.
- mousaka [moe-sa-ka]
- ’n Midde-Oosterse gereg van maalvleis, eiervrug en tamatiesous in lae, met witsous en kaas oor. (moussaka)
Mousaka - moussaka [moe-sa-ka]
- ’n Midde-Oosterse gereg van maalvleis, eiervrug en tamatiesous in lae, met witsous en kaas oor. (mousaka)
Moussaka - mousse
- ’n Ligte, ryk, koue nagereg wat soet of sout kan wees. Dit word gemaak van geklopte room, geklitste eierwit en gelatien.
- Mousseline [moe-se-lien]
- ’n Wit Hollandaise-sous gemeng met geklopte room of koue mayonnaise. (Mousseuse, moeseliensous, eier-en-roomsous)
Mousseline - Mousseuse [moe-suuz]
- ’n Wit Hollandaise-sous gemeng met geklopte room of koue mayonnaise. (Mousseline, moeseliensous, eier-en-roomsous)
Mousseuse - mousseux [moe-sou]
- Frans vir “vonkelend”.
- mout (malt)
- Verwerkte graan wat gebruik word as voedsel of vir die brou van bier.
- moutarde [moe-taard]
- Frans vir “mosterd”.
- moutasyn
- Donker asyn gemaak van gemoute gars.
- moutbier
- Bier van mout gemaak.
- moutery
- Die proses waartydens mout gemaak word.
- moutmelk
- ’n Maltose-dekstrine-melkpoeier wat in 1869 deur William Horlick ontwikkel is en as Horlicks bemark word. Dit word ook gebruik vir bak en die maak van roomys.
- mouton [moe-tô]
- Frans vir “skaapvleis”.
- Mozzarella
- ’n Italiaanse kaas uit Latium en Campania waar dit van buffelsmelk gemaak word. Die elastiese wit kaas word aan die einde van 'n maal geëet. Mozarella wat op pizza gebruik word is van koeimelk.
- Muenster
- ’n Sagte kaas met ’n oranje skil. (Munster)
- muesli
- ’n Sweedse mengsel van hawermout, gedroogde vrugte en neute.
- muffin
- ’n Klein ronde, sagte, Engelse koekie wat soos ’n skon lyk.
Muffin - mulato
- ’n Driehoekige rissie met ’n gekreukelde swart-bruin skil. Dit het ’n ryk geur en is medium-warm.
- mungboontjie
- ’n Plant van die ertjiefamilie wat gebruik word as bron van boontjiespruite.
- Munster
- ’n Sagte kaas met ’n oranje skil. (Muenster)
- mûre [muur]
- Frans vir “moerbei”.
- murg
- Die vetterige, sagte stof in beenholtes. (merg)
- murg-van-groente
- ’n Groentesoort waarvan sommige soos ’n pampoen lyk. (murgie, murgpampoentjie)
- murgie
- ’n Groentesoort waarvan sommige soos ’n pampoen lyk. (murg-van-groente, murgpampoentjie)
- murgpampoentjie
- ’n Groentesoort waarvan sommige soos ’n pampoen lyk. (murg-van-groente, murgie)
- murgpeer
- ’n Peervormige tropiese vrug met murgagtige vleis en 'n groot pit. Dit is beter bekend as ’n avokado.
- Muscat d’ Alexandrie
- ’n Rooi of wit druifsoort wat gewoonlik gebruik word vir die maak van gefortifiseerde wyne. Beter bekend in Afrikaans as hanepoot.
- muskaat
- Neut van die muskaatboom, wat as spesery gebruik word. Dit is ook ’n soort gefortifiseerde witwyn.
- muskadel
- ’n Geurige druifsoort.
- muskusbees (Muskox)
- ’n Bees met plat horings en lang hare, gevind in Groenland en Kanada. Die vleis word deur die Innuïete as voedsel gebruik. (muskusos)
- muskusos (Muskox)
- ’n Bees met plat horings en lang hare, gevind in Groenland en Kanada. Die vleis word deur die Innuïete as voedsel gebruik. (muskusbees)
- Mysöst
- ’n Ligbruin, stewige Noorweegse kaas wat effe soet is. Dis soortgelyk aan Gjetöst.
Wynwoordeboek
Weet enige iemand WAAR kan ek Marankas in die hande kry?
ReplyDeleteDankie, Johan 0829298625
johan@dollartrading.co.za