Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/07/2010

Brokkoli / Broccoli

Hierdie is ’n basiese resep vir broccoli.

Jy maak broccoli skoon deur enige los buiteblare van die spruite te verwyder en dit dan deeglik te was in koue soutwater.

Kook nou die groente in ’n groot kastrol kokende soutwater tot sag. Dit neem omtrent 8 minute nadat die water weer begin kook.

Dreineer die broccoli goed en plaas terug in die kastrol saam met ’n klontjie botter. Laat dit vir 3 minute in die botter gaar word.

Geur met swartpeper.

As jy brokkoli lank voor die tyd moet maak, kan jy hulle eers net kook. Verhit dit in ’n kastrol net voor jy dit bedien en as daar nie meer ’n teken van water is nie voeg jy die botter by. Dit verhoed dat die broccoli daardie onaangename reuk ontwikkel wanneer dit te lank staan.


No comments :

Post a Comment