Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/08/2010

Meng jou eie masala

Masala beteken letterlik speserymengsel. Daar is verskeie variasies van die kruiemengsel wat normaalweg vir kerrie gebruik word.
Jy kan jou eie mengsels maak met ’n voedselverwerker (of stamper en vysel).

Vir gewone masala benodig jy:
120 g borrie
100 g komynsaad
60 g fenegriek
120 g koljandersaad
15 g mosterdsaad
30 g vars gemmer
5 wit peperkorrels
1 gedroogde rissie
Maak alles fyn in ’n voedselverwerker en bewaar in ’n lugdigte houer.

Vir die sterker garam masala gebruik jy:
1 ¼ koppie komynsaad
¾ koppie kolandersaad
20 mℓ kardemomsaad
15 mℓ heel naeltjies
2 x 3 cm stukke pypkaneel
30 mℓ heel swart peperkorrels
5 lourierblare
knypie neutmuskaat
Maak net soos gewone masala.

No comments :

Post a Comment