Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/31/2010

7de Laan Kook

Met meer as 1,92 miljoen kykers is 7de Laan een van die gewildste programme op SABC2. Nou deel sewe van die mees geliefde sepie-karakters hul gunstelinggeregte, soos dit op die TV-program verskyn:

Matrone met haar tradisionele geregte soos melktert, hoenderpastei, pampoenkoekies en ’n Generaal De la Rey-koek met droë vye en pekanneute.

Charmaine se huiskos sluit in hoenderbrijani, tamatiekos en karringmelk-poeding, terwyl die deli-resepte van Oppiekoffie haar geheime wortelkoek, hemelse sjokoladekoek en biltong-en-tamatie quiche onthul.

Hilda met haar "konkoksies" – van dadelvingers en brosbrood tot varknek met pruimedante en appel.

Lukas deel resepte vir onthaal -- geroosterde pepervolstruis, lamskenkels, avokado-en-salmmousse en forel – terwyl Paula, wat nie sommer haar hande vuil maak nie, die maklike
uitweg neem met cocktails of roerbraairesepte.

Maria se resepte kom van Moekie, by wie sy leer kook het, terwyl Vince resepte deel vir klein happies wat by funksies voorgesit kan word, asook sy lekkerste slaairesepte.

Die 75 resepte, spesiaal geskryf om by die draaiboek en karakters in te skakel, en deeglik getoets, dek die hele spektrum van lekker eet.

No comments :

Post a Comment