Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/19/2010

Gebraaide speenvark

Die speenvarkie moet goed skoongemaak en geweeg word.

Sny 4 snye van 10 cm elk weerskante van die rugstring ewewydig aan mekaar.
Plaas die speenvark op ’n rooster in ’n oondpan en smeer die oppervlakte van die vark met botter en strooi sout oor. Gooi twee koppies kookwater in die kookpan. Bedek die vark met bakpapier.
Sit die varkie in ’n oond van 260ºC vir 15 minute.
Draai die hitte af na 150ºC en bak tot die varkie bruin en gaar is. Dit sal ongeveer 1½ uur vir elke kg neem. Indien jy ’n termometer het, moet dit 85ºC toon.
Verwyder die papier na 2½ uur en borsel die vark met room.
Bedruip die vark elke 15 minute met die sous in die pan.

Jy is welkom om die gebruiklike rooi appel in die mond te sit of te versier soos jy wil.

(foto Bernt Rostad)

No comments :

Post a Comment