Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2010

Kalfsoogeier / Geposjeerde eiers / Oeufs pochés / Poached Eggs

Kalfsoogeiers word net so in vloeistof gaargemaak. Deesdae verwys ons hierna as geposjeerde eiers (oeufs pochés) en gebruik meer dikwels gesmeerde vorms om die eiers gaar te maak.

Vul ’n braaipan ⅔ vol water en bring tot kookpunt.

Plaas die eiers versigtig in die water. Dit is makliker om dit eers in ’n piering te breek voor jy dit in die water gly. Die water moet nie nou meer kook nie. Plaas ’n deksel op die pan.

Na 3 tot 5 minute behoort die eiers reg te wees. Indien jy gesmeerde vorms gebruik is die eier gaar wanneer die wit styf is en daar ’n vliesie oor die eier gevorm het.

Gebruik ’n eierlepel om eier uit water te verwyder.


Normaalweg word geposjeerde eiers op geroosterde brood met botter geëet, maar dit is ook heerlik op spinasie (oeufs florentins).

No comments :

Post a Comment