Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/09/2010

Lamsblad

Vra jou slagter om ’n lamsblad te ontbeen.

Vir een lamsblad het jy nodig;

2 uie, in skywe gesny en 1 ui fyngekap
2 eetlepels botter
2 wortels, in skywe gesny
28 g beurre manié
225 g maalvleis
2 stele pietersielie, in stukkies gesny
1 eetlepel gemengde kruie
1 knoffelhuisie, gepers
sout
peper

Smelt 1 eetlepel botter in ’n kastrol en braai die fyngekapte ui daarin tot sag.
Voeg die ui by die maalvleis saam met die kruie, knoffel, sout en peper.
Plaas die vleismengsel in die holte van die lamsblad en steek die opening toe met sosatiestokke.
Verbruin die vleis in twee eetlepels botter.
Verwyder die vleis en braai die wortels en uie bruin.
Plaas die vleis terug in die pot, bo-op die groente en maak die kastrol styf toe.

Jy kan nou die gereg op die stoofplaat of in die oond gaarmaak. Dit moet omtrent 1½ uur lank.
Die plaat moet laag gestel wees. Indien jy die pot binne-in die oond plaas moet dit by 150ºC wees.

Wanneer jy die vleis verwyder verdik jy die sous wat gevorm het met die beurre manié.

No comments :

Post a Comment