Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/01/2010

Liqueur d’Abricot / Appelkooslikeur

Liqueur d’Abricot is niks anders as appelkooslikeur nie. Hoe ouer die likeur raak, hoe lekkerder is dit.

Halveer en ontpit 15 appelkose.
Plaas dit in ’n kastrol, voeg 1 liter droë witwyn en 400 g wit suiker by en verhit tot kookpunt, terwyl jy stadig roer. Hou so aan tot al die suiker opgelos is.
Voeg 500 mℓ brandewyn by, maak dig toe en laat dit 5 dae op ’n warm plek trek.

Gooi nou die vloeistof af en syg dit deur. Pers al die appelkoospulp uit die die doek, wat jy kan.
Bottel en kurk.


Dit moet vir ten minste ’n week staan voor jy dit kan gebruik.

No comments :

Post a Comment