Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2010

Somerkos in Provence

Van die beroemdste kosskrywers en kokke het hul kulinêre ontwaking aan Frankryk te danke. Ook Marita van der Vyver het in Provence by haar man Alain leer kosmaak.

Tog is hulle ’n gewone gesin met kinders (wat sonder skroom gekoopte hamburgers en frites bo al hulle ouers se “gastronomiese hoogtes” sal kies) en ’n gewone inkomste. Hulle het nie die tyd, energie of geld om ingewikkelde, pretensieuse geregte met onbekostigbare bestanddele soos truffels of foie gras te maak nie, en hulle kinders stel nie belang in slakke of paddaboude nie.

Dus is Marita se kos eerlik, bekostigbaar en aards – maar allerheerliks.

Marita deel in hierdie boek vir die eerse keer die resepte wat haar gesin en haar baie vriende kuier-kuier onder die plataanboom in hul tuin geniet. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en Provensaalse kos wat net so lekker sal smaak onder ’n jakaranda of kiepersol.

Somerkos in Provence is ’n heerlike reis-, eet- en leesboek, met stories, vertel soos net Marita kan, resepte en foto’s. Dis ‘n mengsel van verbeelding en gesonde verstand, lekkerbekkigheid en praktiese oorwegings, en sal die minder én meer ervare kok begeester en besiel.

No comments :

Post a Comment