1 kg maalvleis
5 snye wit brood, in 500 ml aftreksel geweek
2 eiers
sout
peper
½ teelepel fyngemaalde naeltjies
½ teelepel fyngemaalde neutmuskaat
Voeg alle bestanddele saam en meng goed.
Vorm balletjies, rol in meel en pak in ’n gesmeerde oondbak. Enige orige vloeistof kan ook in die bak gegooi word.
Bak in ’n oond tot gaar.
Jy het die volgende bestanddele nodig vir die kerriepiesangsous:
500 mℓ asyn
500 mℓ water
1½ eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
2 eetlepels meel
sout
peper
12 piesangs, gekerf
5 uie, gerasper
botter
Braai die uie in botter.
Maak die meel aan met die asyn en water. Voeg gelydelik by die uie.
Voeg die kerrie, borrie, konfyt, suiker en 6 piesangs by.
Kook tot die piesangs sag is.
Strooi die ander piesangs oor die frikkadelle en gooi die sous oor.
Bak tot alles lekker warm is.
resep: Elize van Staden
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment