Kraak die droë pitte met ’n hamer en haal die kerns uit.
Meng die kerns met net soveel water en verpulp dit in ’n versapper. Laat die mengsel oornag staan.
Syg die mengsel deur en meet dit af.
Voeg ewe veel witsuiker by.
Verhit tot kookpunt en laat dit vir ’n minuut kook.
Laat dit afkoel.
Roer ’n bietjie suurlemoensap en heuning by na smaak.
Laat die mengsel oornag staan, sodat die stroop kan verhelder.
Giet die helder vloeistof af en meng dit met ewe veel brandewyn.
Bottel en verseël.
Die noyaux kan dadelik gedrink word.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment