Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/10/2010

Wildsboud / Leg of Venison

1 springbokboud
1 skaapstert, in stukke van 2,5 cm gesny
500 mℓ Worcestersous
250 mℓ tamatiesous
250 mℓ rooiwyn
15 mℓ asyn

Meng al die bestanddele saam, behalwe die boud.

Maak 5 cm diep snytjies in rye in die boud, so 3 cm van mekaar. Daar moet genoeg snye wees vir die stukkies skaapstert.

Gooi sous in elke gaatjie en druk ’n stukkie skaapstert in elke gaatjie. Hou die res van die sous.
Plaas die boud in ’n oondbak met ’n deksel.
Laat die boud vir ’n dag staan.

Meng die res van die sous met 125 mℓ water en ’n teelepel sous en gooi oor die boud.
Plaas bedek in ’n warm oond vir 3 ure lank.

Verwyder die deksel, smeer appelkooskonfyt oor die boud en plaas sonder die deksel terug in die oond. Bak vir 30 minute. Bedruip gereeld met die sous.
Bak tot die boud bruin is.

Steek repies spek vas aan die boud met tandestokkies. Sit ’n klein wit uitjie op die punt van elke stokkie.
Smeer ’n dun laag appelkooskonfyt oor en bak verder tot die spek gaar is.

Maak ’n sous met die oorblywende sous deur 125 mℓ water en 125 mℓ rooiwyn by te voeg en 1 eetlepel meel by te roer. Maak dit in ’n souspan en laat dit goed deurkook.

Bedien die springbokboud saam met kweperjellie.

No comments :

Post a Comment