6 appels, gehalveer en die pitgedeelte verwyder
6 dadels
3 eetlepels suiker, gemeng met ’n teelepel fyngemaalde kaneel
125 mℓ water
botter
Sit die appel helftes weer bymekaar, met ’n dadel in die holte waar die pit was.
Pak die appels styf teenmekaar in ’n oondbak.
Gooi ’n teelepel van die suiker oor elke appel.
Sit ’n klontjie botter op elke appel.
Bak vir tot 1 uur by 190ºC. Die tyd sal wissel, afhangende van die soort appels.
Bedien met styfgeklopte room.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment