Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/12/2011

Ham

Verskeie soorte ham:

Pancetta
Dit word van varklies en -ribbetjie gemaak.
Die Italiaanse ham word met speserye soos neutmuskaat, vinkel en knoffel gegeur.
Dit word 3 maande lank opgehang om uit te droog.

Parmaham
Dit is prosciutto wat in die provinsie Parma in Italië gemaak word.

Prosciutto
Dit word van varkboud gemaak, verkieslik een groter as 12 kg. Dit het ’n delikate, souterige smaak.
Dit word vir 9 - 18 maande lank opgehang om uit te droog.
Italianers onderskei tussen prosciutto crudo (gerook) en prosciutto cotto (gaar). Die prosciutto in Suid-Afrika is gewoonlik gerookte ham.

Coppa
Dit word van varknek of -blad gemaak.
Die Italiaanse ham word eers in ’n mengsel van wyn, knoffel en kruie gemarineer voor dit in ’n worsderm gestop word.
Dit word 6 maande lank opgehang om uit te droog.

Kassler
Dit word van varknek -of lies gemaak.
Die Duitse ham word liggies gerook.

foto, coppa: Rainer Zenz by de.wikipedia [GFDL (http://www.gnu.org/copyleft/fdl.html) of CC-BY-SA-3.0 (www.creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/)], uit Wikimedia Commons

No comments :

Post a Comment