Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/11/2011

Bontjoubert

225 g bruismeel
knippie sout
110 g botter
60 ml strooisuiker
170 g pitlose rosyne
2 eiers, geklop
melk

Sif die meel en sout saam.
Vryf die botter by.
Roer die rosyne en suiker by.
Roer die eiers by en, indien nodig, voeg ’n bietjie melk by om ’n drupbeslag te vorm.

Gooi die mengsel in die gesmeerde poedingbak en bedek met botterpapier. Bind die papier vas. Die poeding moet nou gestoom word.

Plaas die poedingbak ’n halwe kastrol kookwater. Die water in die kastrol moet aan die kook gehou word en aangevul word indien nodig. Die water moet soveel as moontlik van die poedingbak bedek.

Stoom die poeding vir 2 uur.

Bedien met vla.

No comments :

Post a Comment