Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


4/16/2011

Mikrogolf jogurttert

Tertdop:
2 pakkies gemmer, tennis of Marie koekies, fyngemaak.
Genoeg gesmelte botter om ‘n stewige deegie te vorm.
Druk die deeg in 2 tertpanne.

Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
1 kg meringue jogurt of grenadella jogurt.

Klits die bestanddele vir die vulsel saam en gooi in die tertdoppe.
Mikrogolf vir 5 minute op Medium / Hoog.
Haal uit, laat afkoel en sit in die yskas tot benodig.

Resep: Rita Ackerman

No comments :

Post a comment