Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/17/2011

Hoe om ’n forel te posjeer / How to poach trout

Die manier van gaarmaak is veral geskik om natuurlike smake te kombineer met die geur van die aftreksel.

Die water moet net louwarm wees om te verhoed dat die vis se tekstuur bederf word.

Plaas 500 mℓ water in ’n kastrol / pan en voeg hierby:

1 suurlemoen, gehalveer
1 ui, in kwarte gesny
’n hand vol pietersielie
2 wortels, in stukke gesny
1 takkie tiemie

Bedek die kastrol en verhit stadig tot dit prut. Plaas die vis in die kastrol op die aftreksel. Laat so staan tot die vis gaar is.

foto: Jules

No comments :

Post a Comment