Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/28/2011

Aartappelskyfies / Chips

Al ooit gewonder hoe mens die perfekte aartappelskyfies maak? So maak mens:

1 kg aartappels
olie, genoeg om 3 cm diep in jou pot te wees

Begin met die aartappels ’n uur voor jy dit gaan braai.
Sny die kante reghoekig af en sny in vingervormige skywe wat ongeveer 1,3 cm dik is.
Laat die aartappels vir 30 minute in koue water lê.

Dreineer die aartappels en draai dit toe in kombuispapier en laat vir 30 minute so lê.

Verhit jou olie tot die regte temperatuur. Indien jy nie ’n termometer het nie kan jy een skyfie in die olie gooi. Indien die skyfie sink en die olie borrel rondom dit, is die temperatuur reg.

Sodra jou temperatuur reg is plaas jy die skyfies in ’n draadmandjie en plaas in die olie. Braai die aartappels tot sag, maar dit moet nie verkleur nie.


Haal die mandjie uit en laat staan, terwyl jy wag tot die temperatuur weer reg is.

Plaas die skyfies terug in die olie wanneer die temperatuur reg is en braai tot goudbruin.

Dreineer die skyfies op kombuispapier en strooi sout oor.


(foto David Smith)

No comments :

Post a Comment