Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2011

Diepbraai vis in beslag

Maak jou beslag as volg aan:

280 g meel
knippie sout
10 ml droë suurdeeg
500 ml warm water
30 ml olie

Sif die meel en sout saam in ’n mengbak wat jy warm gemaak het.

Meng die suurdeeg met 250 ml van die water en roer saam met die olie by die meel.
Voeg die res van die water by. Die beslag moet soos dik room lyk.
Klop dit goed, bedek en laat op ’n warm plek staan vir 20 minute voor jy dit gebruik.

Die beslag behoort meer as genoeg te wees vir 500 g vis. Gebruik stokvis of kabeljou.
Verwyder die vis se vel en sny dit op in porsies.
Sprinkel sout en suurlemoensap oor en laat 30 minute staan.

Droog die vis goed af en rol in meel.
Doop die vis in die beslag voor jy dit versigtig in warm olie (190ºC) laat sak. Plaas net genoeg vis in die olie, sodat daar nog plek is om die vis om te draai.
Wanneer die vis bruin en bros is haal jy dit uit en dreineer op kombuispapier.
Verwyder enige beslag uit die olie voor jy die volgende vis bak.

No comments :

Post a Comment