Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/06/2011

Purée St. Germain

Purée St. Germain is ’n ertjiesop, gemaak met jong ertjies.

Laat 500 mℓ jong ertjies in water lê vir 2 uur.

Plaas die ertjies in ’n kastrol saam met 2 liter water, sout, peper, ’n hand vol gekerfde pietersielie, ’n hand vol gekerfde seldery, ’n ui wat in skywe gesny is, ’n hand vol jong spinasie en ’n stuk ham.
Kook dit stadig tot die ertjies sag is.

Verwyder die ham en spinasie en roer 125 mℓ room by.
Draai die hitte hoër en roer tot die sop kook.
Roer ’n klont botter by en bedien met croûtons.

No comments :

Post a Comment