Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2011

Hoe om vis skoon te maak

Spoel die vis af in koue water.

Nou skraap jy die vis se skubbe met die agterkant van ’n mes af. Begin by die stert en krap na die kop toe.

Sny groot heel visse se buik oop. Begin aan die kant van die kop sny.
Krap nou die ingewande uit en gooi dit weg.

Sny die kop af indien jy dit nie nodig het nie.

Spoel die vis goed af onder lopende water.

Indien jy ’n swart vliesie in die vis se binnekant sien, sny dit uit of vryf dit af met ’n klam lappie wat in sout gedoop is.

Siedaar! Die vis is gereed vir die pan.

No comments :

Post a Comment