Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2011

Amandel en suurlemoen penne

50 g gevlokte amandels
100 g botter
5 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
250 ml vars, gekapte pietersielie
die gerasperde skil van ’n suurlemoen
die sap van ½ suurlemoen
in groot stuk feta
300 g penne

Kook die penne gaar volgens die aanwysings op die verpakking.
Spoel dit af onder lopende, koue water en dreineer. Hou eenkant.

Braai die amandels in ’n droë pan tot dit begin verkleur. Hou eenkant.

Smelt die botter in n kastrol saam met die olyfolie.
Braai die knoffel in die botter tot goudbruin.
Voeg die pietersielie en suurlemoen by.
Sit die plaat af en roer die pasta by. Wanneer die pasta goend gemeng is krummel jy die feta by en strooi die amandels oor.

Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment