Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2011

Kaapse wynsop / Cape Wine Soup

1 liter melk
die gerasperde skil van ’n nartjie
5 mℓ neutmuskaat
’n stukkie foelie
5 mℓ gemaalde piment
60 mℓ suiker
15 mℓ botter
750 mℓ soetwyn
2 cm vars gemmer, skoongemaak
5 mℓ anyssaad
2 eiergele, geklits

Bring die melk, nartjieskil, neutmuskaat, foelie en piment tot kookpunt.

Roer die suiker en botter by en laat stadig kook vir 20 minute.

In ’n aparte kastrol bring jy die wyn, gemmer en anyssaad tot kookpunt. Sodra dit kook gooi jy dit by die melk en draai die plaat af tot op die laagste verstelling. Dit moet vir 30 minute op die lae hitte bly.

Gooi die mengsel deur ’n sif op die eiergele en klits met die hand.
Bedien terwyl dit nog warm is.

No comments :

Post a Comment