Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/02/2011

Vindaba

Met die Nasionale Toerismesektorstrategie wat ten doel het om Suid-Afrika teen 2020 as een van die twintig voorste reisbestemmings ter wêreld te vestig, het die belangrikste belanghebbers in wyn en toerisme nou saamgekom om Vindaba, die eerste uitstalling wat net aan wyntoerisme gewy is, aan te bied.

Vindaba gaan die beste aspekte van Suid-Afrika se wynverwante toerisme uitstal wanneer dit volgende jaar in September in Kaapstad aangebied word, met die plaaslike en internasionale reisbedryf asook die wyn-, reis- en lewenstylmedia in die visier.

Vindabamwil as wegspringplek dien om Suid-Afrika op die wêreldkaart vir wyntoerisme te plaas. Die inisiatief is deel van `n langtermynstrategie om wyntoerisme aan te wakker, en is `n vennootskap tussen Wines of South Africa (WOSA) en SA Toerisme asook die verskillende Wynroetes, Kaapse Toerisme, Kaapse Roetes Onbeperk en die Wes-Kaapse Departement van Finansies, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling.

Die organiseerders beplan Vindaba as `n gebeurtenis van wêreldgehalte wat ook by die internasionale wyn- en reisbedryf die status van ʼn toonaangewende wynuitstalling sal verwerf. Dit sal ook spesialis-seminare, met die klem op kostoerisme, bied en pasgemaakte wyntoere vir die internasionale en plaaslike reisgemeenskap.

Hoewel Vindaba as `n selfstandige gebeurtenis bedink is, gaan dit gelyktydig met Cape Wine 2012 by die Kaapse Konvensiesentrum aangebied word. WOSA bied Cape Wine elke twee jaar aan, ʼn toonvenster vir `n groot verskeidenheid van Suid-Afrikaanse wyne en wynstyle vir die internasionale wynhandel. Van kopers tot invoerders en sommeliers in belangrike uitvoermarkte kom daarheen terwyl verteenwoordigers van die wyn-, reis- en leefstylmedia dit ook bywoon.

Cape Wine word as die suksesvolste internasionale wynhandeluitstalling in die suidelike halfrond beskou, en word sedert 2000 elk twee jaar aangebied. Verlede jaar, toe Suid-Afrika die 2010 FIFA-wêreldbeker aangebied het, was die uitsondering. Volgende jaar se Cape Wine sal dus die eerste in vier jaar wees, en sal die bedryf gevolglik `n belangrike geleentheid bied om markte van die jongste ontwikkelings op die hoogte te bring. Na verwagting sal sowat 320 wynmakerye hul produkte by dié geleentheid uitstal.

Nog `n eerste wêreldwyd is dat albei gebeure as ekovriendelike uitstallings aangebied gaan word. Nét materiaal wat herwin is of herwin kan word, sal gebruik word. Suid-Afrika geniet reeds erkenning as `n wêreldleier wat eko-volhoubare wynproduksie betref.

Suid-Afrika se wynbedryf het `n geraamde jaarlikse omset van R22 miljard. Uitvoere dra R7 miljard hiertoe by en wyntoerisme, R5 miljard.

No comments :

Post a Comment