Hierdie is
die standaard manier van groenboontjies kook.
Sny die
steeltjies en koppe van die boontjies af (die ou top & tail).
Was die
boontjies nou deeglik.
Bring ’n pot
water tot kookpunt en gooi dan die boontjies in. Plaas die deksel op en kook
vir 10 minute. Gooi sout by en kook verder tot die boontjies gaar is. Die
boontjies moet sag, maar steeds bros wees.
Dreineer
die boontjies. Indien jy dit koud gaan gebruik moet jy dit ook een keer onder
koue water afspoel.
No comments :
Post a Comment