Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/27/2011

Kabeljou-bretonne

4 skywe kabeljou
3 mℓ suurlemoensap
sout
peper
120 mℓ appelasyn
75 mℓ water
1 wortel, geskil en in repies gesny
2 stukke seldery, in repies gesny
beurre manié, gemaak met 30 g botter en 15 mℓ meel
45 mℓ melk
30 mℓ gekapte pietersielie

Was die vis en droog dit af.
Sprinkel die suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Laat 30 minute staan.

Smeer ’n oondbak met botter en plaas die vis daarin. Gooi die helfte van die asyn en water oor.
Bedek met botterpapier en bak by 180ºC vir 15 minute.

Verwyder die vis, trek die velaf en verwyder enige grate.

Plaas die groente in ’n kastrol saam met ’n klontjie botter en 15 mℓ van die asyn. Plaas die deksel op en kook vir 3 minute.

Skep die groente op die vis en hou warm.

Maak die beurre manié, maar voeg agterna die melk en pietersielie by.
Gooi die sous oor die vis.

Bedien warm.

No comments :

Post a Comment