Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/10/2024

Speserykoekies / Spesery koekies

250 g botter
625 ml suiker
2 ekstragroot eiers
1,25 liter koekmeel
20 ml bakpoeier
10 ml gemengde speserye
20 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies
3 ml koeksoda

Verroom die botter en suiker.

Voeg die eiers by en klits tot lig en romerig.

Sif die res van die bestanddele saam.
Voeg by die bottermengsel en knie tot dit 'n deeg vorm.

Rol die deeg 3 mm dik uit.
Druk koekies uit en plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak vir 10 minute by 180C.

Plaas die koekies op 'n draadrak om af te koel.

No comments :

Post a Comment