Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/10/2008

Gedroogde vrugte / Dried fruit

Gebruik altyd die beste vrugte wat nie oorryp is nie. Bewerk die vrugte onmiddelik nadat dit gepluk is. Die vrug kan geskil of ongeskil wees voor jy dit ontpit, dit kan ook gekerf word.

Behandel nou met sout- of askorbiensuur. Met sout kan die vrugte in soutwater gedompel word. Gebruik 150 g sout in 5 liter water. Moenie meer as 15 minute in die water hou nie. Vir askorbiensuur moet jy 10 ml daarvan meng en dit oor die vrugte sprinkel. Maak die konsentrasie bietjie sterker wanneer jy appels gebruik. Dit help om verkleuring te voorkom.

Blansjeer nou die vrugte deur dit te kook of te stoom. Dit help om die kleur en nutriëne te bewaar en voorkom klein barsies in vrugte. Sit vrugte in kaasdoek en laat sak in kokende water. Kook vir 5 minute en haal uit diewater. Gooi yswater oor.

Die volgende stap is om dit met *swawel te berook om verbruining te keer, skadelike swamme te dood en dit versnel ook die droogproses. Sit die vrugte in 'n kartondoos met gaaitjies onder in om lug deur te laat. 'n Bietjies lug is nodig anders sal die swawel nie brand nie. As 'n mens blomswawel daaroor strooi sal die swawel mooi uitbrand. Gebruik 500 g - 1,5 kg swawel per 3 m³ruimte. Appelkose het egter 750 g swawel nodig, perskes 1 kg en pere 1,5kg of meer.

Pak nou die vrugte uit op draadrakkies. Dit mag nie in die swawelboks gelaat word nie.
Die beste manier vir my is om die vrugte op draadrakke uit te pak, 'n houtboks met swawel onder in te skuif en die swawel aan die brand te steek. Sit 'n deksel op en maak styf toe en laat vrugte 2 - 3 uur lank in die dampe bly.

* Swawel word algemeen gebruik as 'n preserveermiddel, maar dit moet nie buite rekening gelaat word dat dit allergiese reaksies by baie mense veroorsaak nie. Dit word aanbeveel dat 'n veiliger alternatief gesoek word. Laat weet asseblief indien u enige voorstelle het.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment