Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2011

Borssuikerklontjies (Barley Sugar)

500 g suiker
200 ml water
3 ml kremetart
30 ml suurlemoensap
oranje voedselkleursel

Roer die suiker en water oor hitte tot die suiker opgeslos is. Bring dan tot kookpunt. Skraap al die suikerkristalle van die kant van die pot af, en kook dan 3 minute tot al die kristalle opgelos is.
Voeg die kremetart by en kook tot die mengsel ongeveer 130ºC. As jy 'n bietjie daarvan in koue water gooi moet dit kraak.
Voeg die suurlemoensap by en verwyder van die hitte.
Drup die mengsel op 'n marmerblad of enemmeloppervlak sodat dit klein ronde klontjies vorm.
Laat die klontjies so tot dit koud en hard is. Bewaar dit in 'n glasfles.

No comments :

Post a Comment