Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/10/2011

Tongvis Dugléré

Tongvis Dugléré is vernoem na 'n bekende Franse sjef van weleer.

500 g tongvis, gefileer en ontvel, maar die graat gehou en gebreek
250 ml court bouillon
2 tamaties, geskil, ontpit en opgesny
20 g botter
20 ml meel
90 ml room
10 ml gekapte pietersielie

Plaas die filette in 'n gesmeerde oondbak en gooi die (afgekoelde) court bouillon oor. Plaas bakpapier oor die vis en bak by 180ºC vir 10 minute.

Smelt die botter, roer die meel by en kook vir slegs 3 sekondes. Hou eenkant.

Wanneer die vis uit die oond kom gooi jy die sous deur 'n sif en meng die vloeistof goed met die meelmengsel oor hitte tot die sous dik begin word.
Voeg die room by prut vir 2 minute voor jy die tamaties en pietersielie bygooi.
Gooi die sous oor die vis en bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment