Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/06/2011

Brosbroodslingers

250 g botter
5 mℓ vanillageursel
5 mℓ amandelgeursel
125 mℓ strooisuiker
500 mℓ koekmeel
2 mℓ sout
15 mℓ melk

Room die botter, geursel en suiker saam tot romerig.

Sif die meel en sout saam en voeg dit met die melk by die mengsel.

Skep die mengsel in ’n spuitsak met ’n groot sterkop en spuit vorms op ’n gesmeerde bakplaat.

Bak 15 minute lank by 160ºC.

Keer uit op ’n draadrak.

Die resep lewer sowat 20 koekies.

No comments :

Post a Comment