Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/07/2011

Bloedwors

bloed van ’n vark
30 mℓ sout
500 g spek, in blokkies gesny
500 mℓ gekookte rys
250 mℓ broodkrummels
sout
peper
10 mℓ gemaalde kaneel
5 mℓ gemaalde naeltjies
500 mℓ ontpitte rosyne
10 mℓ gemaalde piment
5 mℓ droë salie
5 mℓ droë tiemie
125 mℓ suiker
worsderms

Verhit die bloed ’n bietjie indien dit koud is en roer die sout by.
Gooi dit deur ’n fyn draadsif.

Voeg die res van die bestanddele by en meng alles goed saam.

Stop die mengsel in groot derms en bind die punte vas.
Bring water tot kookpunt en kook die wors dan daarin vir 10 minute.

Wanneer jy die wors verwyder het uit die water steek jy dit op ’n paar plekke met ’n naald.
Hang dit op om koud te word.

No comments :

Post a Comment