Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/23/2011

Griekse Kersfeesbrood

600 g koekmeel
2 pakkies droë gis (10 g elk)
190 ml warm melk
4 eiers
knippie sout
140 g suiker
die gerasperde skil van 2 suurlemoene
120 g botter, gesmelt
1 eier, geklop
sesamesaad

Gooi 240 g van die meel in 'n mengbak.
Strooi die gis oor. Gooi die melk by, meng en klop tot die mengsel glad is.
Bedek en laat staan vir 'n uur.

Klop die 4 eiers, sout, suiker en suurlemoenskil saam in 'n mengbak oor 'n kastrol kookwater tot die suiker opgelos is.

Gooi die eiermengsel by die meelmengsel en meng.
Voeg die res van die meel by en knie, terwyl jy geleidelik die botter byvoeg. Knie tot dit glad en elasties is.
Bedek en laat op 'n warm plek tot die deeg verdubbel het, dit neem sowat 2 uur.

Knie weer en plaas die deeg in 'n koekpan met 'n deursnee van 24 cm.
Bedek en laat weer staan om te verdubbel.

Verf die deeg met eier en strooi die sesamesaad oor.
Bak vir 45 minute by 180ºC.

Die brood is heerlik saam met vonkelwyn.

(foto Joana)

No comments :

Post a Comment