Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/24/2011

Granaat ham vir Kersfees

Dalk is jy al moeg van elke jaar se gammon en pynappel. Hierdie resep sal jou oortuig dat ham en granaat gemaak is vir mekaar.

3 kg ham
3 wortels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, gehalveer
10 jenewerbessies
2 takkies tiemie
20 ml sout
4 stokke seldery, in kwarte gesny

Die glaseersel maak jy deur die volgende bestanddele saam in 'n kastrol te kook tot dit begin verdik. Dit behoort na 30 minute reg te wees:
300 ml granaatmolasse (kyk by Woolworths)
die sap van 1 suurlemoen
die sap van 1 lemoen
400 ml saugvignon blanc
20 ml suiker
10 kardamomsade
50 ml gemmerstroop (ook by Woolworths)
2 stukke ingelegde gemmer, fyn opgesny
50 ml heuning

Plaas die ham in 'n kastrol wat nog bietjie spasie het nadat die ham in is. Bedek die ham met water.
Plaas die wortels, ui, jenewerbessies, tiemie, sout en seldery ook in die pot.
Kook vir 2 uur 30 minute.

Verwyder die ham uit die kastrol. Die groente en water wat oorbly kan jy gebruik om aftreksel van te maak.

Maak diep snye deur die vet oor die breedte van die ham elke 1½ cm. Plaas die ham in 'n oondpan en smeer die helfte van die glaseersel oor die vleis.

Bak die ham by 180ºC vir 1 uur. Smeer gereeld nog glaseersel oor die vleis.

Bedien warm of koud.

No comments :

Post a Comment