Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/18/2012

Ertjies op die Franse manier / Petits pois à la française

Ertjies op die Franse manier is nie net tjoef-tjaf op die stoof en klaar nie. Eerstens moet die ertjies vars wees en klein. Vir die resep het jy 500 mℓ ertjies nodig.

Verder het jy 12 klein wit uitjies nodig, die hart van 'n kraakvars kropslaai, 'n hand vol pietersielie, 45 mℓ botter, 2 mℓ sout en 'n knypie suiker. Die uitjies moet afgeskil word.

Plaas al die bestanddele, behalwe die sout en net 30 mℓ van die botter, in 'n swartboompot saam met 125 mℓ water en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte, sit die pot se deksel op en laat dit so prut vir 20 minute.

Nou verwyder jy die pot van die stoof, haal die pietersielie uit en gooi die sout en die res van die botter by. Roer tot die botter gesmelt het.


No comments :

Post a Comment