'n Sous wat selde gebruik word, maar perfek is vir beide vis of vleis.
1 ui, fyngekap
2 salotte, fyngekap
5 mℓ suiker
60 mℓ bouillon / vis- of vleisaftreksel
Knypie saffraan
60 mℓ botter
Sout en peper na smaak
Smoor die ui, salotte en suiker in die helfte van die botter en helfte van die aftreksel.
Geur met sout en peper na smaak.
Voeg die saffraan by en roer.
Roer die res van die aftreksel by en kook stadig.
Roer die res van die botter by.
Gooi die sous in 'n voedselverwerker en maak fyn.
Gooi dit terug in die kastrol en verhit, terwyl jy aanhoudend roer.
Bedien dadelik oor jou vis of vleis.
Opsioneel:
Jy kan C. Louis Leipoldt se idee probeer en 'n saggebakte kweper by die safraansous voeg.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment