Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/27/2012

SA Kaasfees beloof 'n simfonie vir die sintuie

Indien jy gedurig op die uitkyk is vir die nuutste neigings oor kaas is daar vir jou geen beter plek as die SA Kaasfees wat plaasvind van 27 - 30 April 2012 nie. Hier bly kaas immers die juweel in die feeskroon.

Hierdie gewilde fees neem kaasliefhebbers op ‘n verruklike ontdekkingstog waar smullekker handgemaakte kase, suiwel- en ander produkte al jou sintuie sal bederf. Proe ‘n groot verskeidenheid kaas in die Checkers Kaasemporium, geniet ‘n happie gourmet hemel wanneer Checkers weer ‘n unieke konsep na die Fees bring met bekende sjefs en glanspersoonlikhede wat hul kookgeheime met jou deel, en laat die feestelike atmosfeer van die Karnaval Park jou bui bepaal. Hope gesonde vermaak in die Wilde Vrugtesap Kinderhoekie en ‘n besoek aan die Santam Landbou Melkfabriek by die Waterfront sal die kleingoed se geesdrif oor koeie, melk en kaas aanwakker en hulle terselfdertyd besig hou terwyl ouers ‘n ruskansie geniet. ‘n Op-en-wakker sessie saam met kosbloggers en kaasmakers in die DStv Kosteater sal jou wegstuur met nuwe skietgoed vir jou kookavontuur. ‘n Wandel verder deur die Meander en die Absa Mall sal jou sensoriese ekspedisie perfek afrond.

Kom geniet ‘n luilekker kuierdag in die platteland op Sandringham wat homself reeds as die ideale feesterrein bewys het. Sandringham is gerieflik geleë langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en die Paarl.

Koop jou R110 kaartjie by jou naaste Computicket of Checkers (geen kaartjies by die hekke). Senior burgers betaal R90 en kinders 13-jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is daagliks oop tussen 10:00 en 18:00 en die laaste dag tot 17:00.

No comments :

Post a Comment