Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/28/2012

Roereier resep / Oeufs brouillés

Vir die Franse is dit 'n sagte romerige mengsel wat net-net aan jou vurk bly klou tot by jou mond ... en jy gebruik altyd vars eiers vir roereier.

Die eiers moet goed geklits word met die hand. Moet nie meer as 30 sekondes hieraan spandeer nie.

Smelt twee eetlepels botter in 'n swaarboompan. Dit moet vinnig oor hoë hitte gedoen word, maar moenie dat die botter verbruin nie. Draai die hitte tot op die laagste merk sodra die botter gesmelt het.

Gooi die eiermengsel in die pan en roer dit aanhoudend met 'n spatel of houtlepel - gebruik lang hale. Dit neem so 2 tot 3 minute voor daar tekens va stolling is. Besluit oor hoeveel dit moet stoel en verwyder dan van die hitte..

Druk jou stempel af op jou roereier deur 1½ eetlepel sagte botter of 2 eetlepels room nou by te roer.

Garneer dit met pietersielieblaartjies of en bedien altyd roereier dadelik. Dit werk goed saam met gebotterde roosterbrood.


(foto Raphaël Labbé)

No comments :

Post a Comment