Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/14/2012

Worcestersous

Worcestersous is oral beskikbaar en dis seker makliker om dit te koop, maar as jy hou van 'n uitdaging, probeer om dit self te maak. In die proses ontwerp jy dalk jou eie sous.

Sny 'n hand vol salotte baie fyn.

Meng die salotte met 5 ml ansjovisaftreksel, 60 mℓ okkerneutsous, 40 mℓ sojasous en sout en peper.

Kook 750 mℓ asyn en gooi dit by die mengsel. Bedek en laat dit op 'n koel plek staan vir 10 dae.

Na 10 dae syg jy die mengsel deur 'n doek en bottel die sous in 'n gesteriliseerde bottel of fles.


(foto Richard Giles)

No comments :

Post a Comment