Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/01/2012

Aartappels gevul met tuna

4 aartappels
20 mℓ sprietuie, fyngekap
30 mℓ rooi soetrissie, fyngekap
1 blikkie tuna, gedreineer
60 mℓ cheddar, gerasper
20 mℓ gewone jogurt
olyfolie

Bak die aartappels in 'n oond by 200°C vir 'n uur. / Of prik die aartappels met 'n vurk en maak dit gaar in 'n mikrogolfoond by 100% krag vir 4 minute.

Probeer om nie die dop te breek nie, behalwe waar jy 'n gat aan die bokant van die aartappel maak. Hol die aartappel uit. Hou die dop eenkant.

Soteer die sprietuie en soetrissie saam in 'n klein bietjie olyfolie vir 1 minuut.
Voeg die tuna by en soteer nog 1 minuut.

In 'n mengbak voeg jy nou al die bestanddele , behalwe die aartappeldop en 30 mℓ cheddar, saam en meng goed – dit sluit die aartappel in wat jy uit die dop gehaal het.
Vul die dop met die mengsel en strooi die res van die kaas oor. Plaas die gevulde aartappels onder 'n oondrooster tot die kaas gesmelt is.

Bedien die aartappels dadelik saam met 'n groenslaai.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto Jules)

No comments :

Post a Comment