Beurre blanc is 'n bekende Franse sous wat veral vir vis gebruik word.
6 salotte, in stukkies gesny
250 mℓ wynasyn
330 mℓ visaftreksel
250 g botter, in klein blokkies gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die salotte, asyn en aftreksel saam in 'n souspan, geur met swartpeper en laat dit met ⅔ afkook.
Voeg die botter by en klop met 'n draadklitser tot dit 'n gladde sous vorm.
Geur met sout en peper.
Die sous moet louwarm bedien word.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment