Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/21/2012

Pasta met soetrissiesous

Sny 'n geel soetrissie op in groot stukke – die pitte moet verwyder wees.
Plaas die soetrissie onder 'n oondrooster met die buitekant van die groente na bo. Los daar tot die skil begin swart raak.

Verwyder die soetrissie uit die oond en vryf die velaf.
Plaas dit nou saam met 50 g bokmelkkaas en 120 mℓ room in 'n voedselverwerker en verwerk tot 'n sous.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Berei jou gunsteling pasta voor volgens aanwysings, terwyl jy 'n hand vol gevlokte amandels rooster.

Gooi die sous oor die pasta en strooi die amandels oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment