250 mℓ, sterk koue rooibostee
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 mℓ vars gerasperde gemmer
30 mℓ droë sjerrie
15 mℓ olyfolie
500 g maer lamsvleis, in blokkies gesny
2 rooi soetrissies, in stukke gesny (wat op die sosatiestokkies sal pas)
16 klein knopiesampioene, afgevee
Meng al die bestanddele vir die marinade saam en plaas die vleis daarin.
Bedek en laat dit oornag in die yskas.
Haal die vleis uit die marinade. Hou die marinade eenkant.
Ryg die vleis, soetrissies en sampioene om die beurt op sosatiestokkies.
Gebruik hout sosatiestokkies en onthou om die stokkies vir ten minste 10 minute in water te week voor jy dit gebruik. Dit verhoed dat hulle brand tydens die roosterproses.
Plaas die sosaties onder 'n oondrooster vir 8 minute aan 'n kant. Jy kan ook die sosaties braai.
Bedruip die sosaties met die oorblywende marinade, terwyl dit gaar word.
Die bestanddele is genoeg vir 4 persone.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment