Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/11/2012

Eier en spinasie rolletjies

Gebruik vars worsbroodjierolletjies vir hierdie resep. Jy kan ook die mini-broodjies koop en dit as 'n happie bedien. Kinders is veral gek hieroor.

Hierdie resep is genoeg vir 6 rolletjies of 12 mini-rolletjies.

6 ekstragroot eiers
100 mℓ mayonnaise
vars baba spinasie
sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die eiers vir 10 minute. Laat dit afkoel en skil dan af.

Druk die eiers fyn met 'n vurk, meng met die mayonnaise en geur met sout en peper.
Vul die gehalveerde rolletjies met die eiermengsel; met 'n paar spinasieblare op die eier.

Ander opsies inplaas van spinasie is vars gekapte koljander of vars gekapte pietersielie. Of jy kan swig onder druk van die pienkvoete en dit met tamatiesous bedien.

No comments :

Post a Comment