Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/22/2012

Aartappel en ansjovis gratin

Die woord verwys na die kors wat op 'n gereg vorm in die oond of onder 'n rooster. Dit is ook die naam van 'n gereg gebak of gerooster met 'n beskermde kors. Normaalweg is die bokant van die gereg bedek met kaas, broodkrummels of eier - in hierdie geval is dit room.

500 g aartappels, geskil en in papierdun skywe gesny
1 ui, in dun skywe gesny
2 filette ansjovis, saam met 10 mℓ van die olie waarin dit was – sny die ansjovis in stukkies
varsgemaalde swartpeper
160 mℓ room
20 mℓ botter

Jy gebruik 'n gesmeerde gratin bak hiervoor, maar as jy nie een het nie sal enige oondbak doen.

Pak 'n laag aartappels onder in die bak – gebruik die helfte van die aartappels. Geur met 'n swartpeper.
Bo-opkom 'n laag uie – met die helfte van die uie.
Nou strooi jy die ansjovis oor.
Nou volg 'n laag met die res van die aartappels – geur met swartpeper.
Die laaste laag is die res van die uie.

Meng die visolie met die helfte van die room.
Gooi die roommengsel oor die lae aartappel en uie.
Stip die gereg met die botter.

Bedek die bak met foelie en bak vir 1 uur by 220°C.
Gooi nou die res van die room oor en blaas onder die oondrooster tot dit verbruin.

Die resep is genoeg vir 3 persone.

No comments :

Post a Comment