Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/23/2012

Geroosterde botterskorsie en ricotta quiche

'n 400 g pakkie klaargemaakte broskorsdeeg
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
suiker
30 mℓ gedroogde roosmaryn
4 eiers
50 mℓ melk
50 mℓ room
200 g ricotta, verkrummel
sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die botterskorsie in 'n roosterpan en strooi 'n bietjie suiker en die roosmaryn oor.
Plaas onder 'n oondrooster vir 30 minute.

Voer 'n tertbak uit met die deeg.
Versprei die botterskorsie oor die deeg.

Klop die eiers, melk en room saam.
Gooi die mengsel oor die botterskorsie.
Strooi die ricotta oor en bak vir 45 minute by 180°C.

Die resep bedien 4 persone.

No comments :

Post a Comment