En dan ’n wynproe met ’n verskil: Leopard’s Leap wyne word afgesluk met die geur van kruie in die neusgate - wat tot vir Bacchus, die wyngod, sal laat glimlag: die subtiele Chardonnay, die dominerende donker geure van Merlot en die versteekte aromas van Shiraz.
Tussendeur gaan jy smul aan ’n heerlike ligte ete, jy gaan luister hoe ’n Eugene van Zyl – Leopard’s Leap se wynmaker reg uit die Kaap - vertel van hul unieke wyne. Kom proe die sonskyn in Clemengold se nartjies en ander produkte. Kom word meegevoer na ’n nartjieboord waar die reuk van nartjies in die boord hang en rol die heuningsoet-smaak oor jou tong.
Ilse Salzwedel, bekende joernalis en skrywer van Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee gaan met deernis gesels oor haar onlangse boek Bloedsusters wat handel oor twee susters wat daagliks doen waarvoor niemand anders kans nie. Ilse praat ook oor die interessante Afrikaanse gemeenskappe waaroor sy skryf in haar derde boek wat later vanjaar verskyn.
Wat kry jy as jy boeke, nartjies, wyn, kunstenaars en versnaperinge bymekaar sit? ’n Unieke produksie wat jy beslis nie moet misloop nie.
Innibos 2012
Met: Lizz Meiring, Jak de Priester, Ilse Salzwedel van Rooi Rose, Heine du Toit van Clemengold en Eugene van Zyl van Leopard’s Leap.
Gradering: Volwassenes
Datum en tyd: Vr 29 Junie 11:00, Sa 30 Junie 11:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Huis Hermann Davin Seunskoshuis, Nelspruit
Tydsduur: 90 minute
Prys: R97
No comments :
Post a comment