Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2012

Vuurwerke - Jan Braai

In Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai vir die eerste keer sy omvattende kennis van vuurmaak en vleisbraai met al sy aanhangers en dié wat graag die eeue oue kuns wil bemeester.

Jan is waarskynlik die persoon in Suid-Afrika wat al die meeste vrae oor braai in onderhoude moes beantwoord. Hy is dus goed in voeling met dit waaroor die meeste mense wonder en spreek dit in Vuurwerke aan.

Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lamstjops, sosaties en beesstert-potjie. As jy dit eers onder die knie het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai probeer. En al die ou gunstelinge soos braaibroodjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee is ook daar.


Maar wat Vuurwerke werklik uniek maak, is Jan se passie wat spreek uit die details by elke resep. Van die uitsoek van jou vleis in die winkel of slaghuis tot die voorbereiding en die ideale manier van gaarmaak, word deeglik uitgelê. Boonop deel Jan graag sy kennis oor slagters en ander verskaffers.

Met Vuurwerke wou Jan nie net ’n versameling braairesepte met vae instruksies bymekaar bundel nie. “My doel met die skryf van die boek was om waarde toe te voeg tot jou lewe en om dit op so ’n manier te skryf dat dit nut het en bruikbaar is,” sê Jan.

Dit is by die vuur waar die koring van die kaf geskei word en met sy nuwe boek wys Jan Braai jou hoe!

Vuurwerke / deur Jan Braai -- Human & Rousseau, 2012. -- 250 p. ; hardeband. -- ISBN 9780798155403 : R 200.00

No comments :

Post a Comment